Onderwys – Afwesigheid en verlof
Die jaarlikse wag is verby en die matriekuitslae is vrygestel. In talle huishoudings is daar blydskap, maar in ander is die atmosfeer neerdrukkend. Boetie of sussie het dit nie gemaak nie. Hulle word streng aangespreek, verwyt en selfs op geskel. Maar, in baie huishoudings is ook sentimente van bemoediging en aanmoediging. Die groot vraag is egter wat het hierdie ambivalente gevoelens in die Namibiese huishoudings veroorsaak? Antwoord; die graad 11- en 12-uitslae is power.
Talle opinies en raad het natuurlik ingestroom. In die sosiale media word die indruk geskep dat die onderwysstelsel op sy rug lê. Iemand betwis die relevansie van huidige kurrikulum en betwyfel die konsekwentheid tussen laasgenoemde en die sosioëkonomiese realiteite van die land. ’n Ander blameer die verlaging van standaarde en bevraagteken die kwaliteit van persone wat in poste in die sektor aangestel word. Andere blameer eenvoudig die minister vir die fiasko; finish en klaar. Verder word ’n mandjie vol oorsake vir die power uitslae genoem. Maar, die mandjie-benadering sal nie help om die olifant in die voorhuis te takel nie. Daar moet geprioritiseer word en die voor-die-handliggendes moet eerste aandag kry. Maar, waar begin mens?
My rubriek van 20 Desember 2022 het ’n taamlike volledige prentjie oor amptelike verlof geskilder. Nou wil ek onder andere fokus op die verlof van streekkantoorpersoneel wat verantwoordelik is vir die implementering van beleid op operasionele vlak. Verlof, met goedkeuring of nie, beteken dat die amptenaar vir ’n beperkte periode nie beskikbaar vir diens is nie. Maar, dit is soms ook nodig dat hulle hul kantore verlaat om vergaderings en werkwinkels by te woon of om ondersoeke in die streek te doen. Dit bring my dan by die begrip geleentheidskoste (opportunity costs) wat meer aan die sakewêreld bekend is.
Geleentheidskoste is die implisiete koste wat aangegaan word deur ’n belegging mis te loop, het sy met ’n mens se tyd of geld. ’n Streekdirekteur loop die geleentheid om iets doeltreffend te mis wat moontlik positief op sy streek mag impakteer, wanneer hy sy kantoor verlaat om ’n werkwinkel of vergadering by te woon. Die verlies is des te groter wanneer hy iets bywoon soos ’n afskeidsfunksie, ’n begrafnis of ’n vergadering in gevolge ’n tweelingooreenkoms met ’n ander streek of provinsie in ’n buurland wat absoluut niks te make het met die bevordering van kwaliteitonderwys nie. Die verlies neem toe wanneer ’n mens die koste wat aangegaan word om die direkteur by so ’n geleentheid te kry, naamlik reis en verblyf, in berekening bring. Besluitneming speel natuurlik hier ’n bepalende rol. Dit is imperatief dat die direkteur sowel as die senior wat magtiging verleen, moet besluit of die afwesigheid werklik nodig is. Die direkteur of die magtigende senior moet eenvoudig bepaal of die rede vir die afwesigheid enigsins verband hou met die strewe om die kwaliteitskurwe opwaarts te dwing.
Daar is heelwat oorsake vir die swak uitslae, maar ek is daarvan oortuig dat ons moet begin by die maklike toestaan van verlof en goedkeuring om die werksplek te verlaat. Dan geskied laasgenoemde nog met “vergoeding”. Onderrig en leer vind nie plaas nie, monitering, assistering en kontrole deur senior skoolpersoneel is nie na wense nie, beleidsimplementering is gebrekkig en daar is geen sprake van oorhoofse toesig en opdraggewing nie. Die gevolg, swak uitslae soos die ||Kharasstreek die afgelope klompie jare beleef het.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie