Onderwys – Agente vir verandering
Dikwels word gesê onderwys is die moeder van alle dissiplines. Deur die onderwyspraktyk oor die eeue heen, het die publiek en staat toegang tot die dienste van regspleging, medisyne en al sy verwante sub-dissiplines, ingenieurswese en dies meer verkry. Hierdie dissiplines sorg vir die gemeenskap se gesondheid, hou die goeie orde in stand en is ook verantwoordelik vir die bou en instandhouding van nodige strukture soos paaie, hospitale en staatsinstansies. Sentraal in hierdie konteks, staan die onderwyser; die leermeester.
Enkele weke gelede het ek geskryf oor die onderwysdoelwit “om te weet” (to know). Leerders moet aan die einde van die dag kan onderskei tussen goed en kwaad en wat reg en verkeerd is. Vir die onderwyser is om te weet nie genoeg nie; hy of sy moet ook weet “hoe om te wees” en “wat om te doen” om by die einddoel uit te kom. Dit spreek sonder mond dat hierdie metodiek ’n integrale deel van onderwysopleiding moet wees.
Dit lyk ’n enorme verantwoordelikheid te wees wat op elke kandidaat-onderwyser wag. Dit is veral duidelik in die lig daarvan dat individuele regte en maatskaplike geregtigheid in baie lande nie hoog geag word nie. Die geskiedenis rapporteer dat ontsaglike misdade teenoor die mensdom in die vorige eeu gepleeg is en wat nog in hierdie een gepleeg word. En, die groot hartseer is dat die weerloses en armstes aan die ontvangkant van hierdie wreedhede was en steeds is.
Yoweri Museveni is die uitvoerende president van die Republiek van Uganda sedert 26 Januarie 1986. Hy was ’n militêre offisier wat net ’n vorige diktator vervang het. Nou onlangs het hy die mees drakoniese wetgewing teen die LGBT en Q-gemeenskap in Uganda onderteken. Ten spyte van ons demokratiese opset is daar nou Namibiërs wat daarop aandring dat ons regering soortgelyke wetgewing moet aanneem. Nou, as die onderwyser voorgehou word as die katalisator van verandering, hoe beïnvloed dit sy of haar opleiding.
Enige samelewingsoudit vandag sal daarop wys dat die demokratiese beginsels wat in sommige lande in grondwette opgeneem is, nie die papier werd is waaop dit geskryf is nie. Dit sal ook wys dat individuele vryhede en maatskaplike geregtigheid wat so besing word, na willekeur vertrap word, soos nou die geval in Uganda. As ons dan ernstig is om ’n soort van “Imagine” samelewing van John Lennon te vestig, sal ons onderwysers moet oplei en bemagtig hiervoor. Ons moet hulle oplei om te pas in die rolle van agente vir verandering (change agents), vredemakers, protagoniste van individuele vryhede en draers van die demokrasie. As ons by ’n wêreld vry van konflikte, korrupsie, onderdrukking, armoede, swak en minderwaardige onderwys en ander samelewingsdienste, geweld en uitbuiting wil uitkom, sal ons proaktief moet optree. Ons sal indringend moet kyk hoe ons, ons onderwysers oplei. Formele opleidingsprogramme en indiensopleiding sal gewysig of aangepas moet word.
En dan is nog iets van onmiddellike belang. Ons volwassenes moet versigtig wees met die boodskappe wat ons na die kinders uitsein. Skoolboelie is ’n aktuele en ernstige probleem. Navorsing in die buiteland dui daarop dat kinders, veral in die hoërskool, wat hulle assosieer met die LGBT en Q-gemeenskap, geteiken word. As kinders die houding en uitsprake van politici en kerkleiers oor die LGBT en Q-gemeenskap as evangelie aanvaar, kan dit lei tot ’n toename in aanvalle op hulle op skool. Dit kan ons allermins bekostig!
(Tema ontleen aan “Preparing prospective teachers to become better agents of change: A case study of pre-service EFL teachers in Yemen” deur Jameel Ahmed Elayah1 en Mansoor Ahmed Alahdal, 2017).
– [email protected])
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie