Onderwys - Begin weer in die veld
Die oorhoofse doelwitte van die Namibiese onderwyssektor is toelating (access), billikheid (equity), kwaliteit en demokrasie.
‘n Voormalige direkteur van beplanning by die onderwysministerie het dit “die begeleidende sterre” genoem.
My persoonlike ervaring is dat baie amptenare in die onderwysminsterie billikheid baie minder as die ander doelwitte ag. Die neiging bestaan ook om billikheid met gelykheid te verwar.
Alhoewel billikheid en gelykheid nie dieselfde is nie, plaas beleide wat billikheid beklemtoon, gelykheid definitief binne ons bereik. Dit is moontlik omdat regstellende aksie ‘n onontbeerlike komponent van gelyheid is.
Covid-19 het opnuut ongelykhede in ons onderwys onder die spreiligte geplaas. Tot nou kon ons slegs deur die regstelling van sommige ongelykhede gebreke soos ontoereikende fasiliteite aanspreek. Maar, ons is beslis nie waar ons wil wees nie.
Die ongelykhede is die bagasie waarmee die onderwysstelsel opgesaal was in 1989. Die Grondwet het toelating tot onderwys gewaarborg terwyl die land nie oor genoeg skole beskik het nie.
Baie skole, veral in die Noorde van ons land, moes klaarkom sonder ablusiegeriewe, lopende water en elektrisiteit, terwyl baie skole in die sentrale en suidelike gebiede nie daardie ervarings gedeel het nie. Sommige skole het oor opgeleide onderwysers beskik terwyl baie onderwysers by ander skole nie eens oor basiese opleiding beskik het nie. Van inklusiwiteit was daar weinig sprake.
Die enigste manier om van hierdie ongelykhede ontslae te raak, was om onderwysbeleide te implementeer wat billikheid bevorder. Sulke beleide bevorder nie net toelating, kwaliteit onderwys en inklusiwiteit nie, maar skep ook ‘n goeie teelaarde vir die groei van die demokrasie. Almal verkry dus toegang tot gelyke behandeling, geleenthede en moontlikhede vir voortuitgang. Billikheid is dus die katalisator.
Die vraag is hoekom het ons dan nog nie by aanvaarbare of bevredigende vlakke van billikheid uitgekom nie? Wat is die uitdagings en waarom kan ons dit nie met moderne wetgewing behoorlik aanspreek nie?
Elke jaar word aangevoer die onderwysbegroting skiet ver te kort. Dit mag ‘n ligitieme beswaar wees, maar hoe koste-effektief is ons met daardie geld? Hoe spandeer ons daardie geld?
Armoede bly ‘n groot hindernis as een van die maatskaplike faktore wat lei tot afwesigheid en vroeë skoolverlating. Verder blyk daar ‘n onbetwisbare verband tussen armoede en tienerswangerskappe te wees.
Ons het beleide ter bevordering van die wetenskap, wiskunde en ander tegniese vakke, maar eksamenuitslae vertel oor die jare heen ‘n ander storie.
Beskik ons wel oor genoeg opgeleide en bekwame onderwysers en is hulle oral, in alle streke (en skole) versprei?
Regstellende aksie is ‘n goeie ding, ‘n komponent van billikheid en dit is die beleid van die land, maar as dit in diens van kaderontplooiing, nepotisme en stamgebondenheid staan, voorspel dit net moeilikheid. Wanneer ons onderwysers en administrateurs aanstel, mag ons nie agter regstellende aksie wegkruip nie.
Ons streef na kwaliteit onderwys, maar op die oomblik is daar ‘n yslike verskil tussen die aantal leerlinge wat met graad 1 begin en elf of twaalf jaar later die skool verlaat.
Hierdie is almal relevante vrae vir die onderwyskonferensie later vanjaar. Ons moet gesels oor die aanwending van geld, die ontplooiing van opgeleide onderwysers en wat in ons streke en skole aangaan.
Weer wil ek pleit vir die herinstelling van paneelinspeksies van vroeër. En ons moet volledige en omvattende inspeksies by streekkantore oorweeg.
Kwaliteit onderwys is slegs haalbaar as ons pogings in die skole en streke begin; op die grond.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie