Onderwys – Belangrike funksies van die onderwysstelsel
Die belangrikste onderwyshandelinge behels onderrig en leer. Die onderwyser moet onderrig en die leerder moet leer; hulle moet ook toegelaat word om dit te doen. Hierdie twee funksies kan alleenlik doeltreffend uitgevoer word as al die ondersteuningsfunksies in plek is. Ruimte moet vir die funksies geskep word, onderwysers en ondersteuningspersoneel (nie-doserend) moet aangestel en betaal word, uitrusting en leermateriaal moet aangekoop word en ’n reeks ander goed moet in plek wees. So, is daar oor die jare stelsels ontwikkel wat die voortbestaan en doeltreffendheid van onderwysstelsels waarborg? Universiteite verbeter ook voortdurend opleidingskursusse deur die byvoeging van bestuursmodules. Studente word ingelig oor hoe makro- en meso-stelsels werk en skole bestuur word. Hulle leer ook dat die verskillende bestuursfunksies (personeel, finansies, fasiliteite en uitrusting, leerder) nie net geïntegreer word in die oorhoofse konsep van onderwysbestuur nie, maar ook ingevolge beleid en regulasies stiptelik en noukeurig uitgevoer moet word. Dus, die amptenary in die ondersteuningsdienste moet hulle werk doen en alles word ook vir hulle uiteengesit in die voorgeskrewe handleidings. En, natuurlik moet daar toegesien word dat hulle dit doen!
Nou, vandag se onderwerp. ’n Vriend en oudkollega het uit besorgdheid ’n studie gemaak van die besetting van poste in Rehoboth se skole. Die dorp beskik oor 11 skole met 11 405 leerders en is veronderstel om te beskik oor 331 poste vir gewone onderwysers, 41 departementshoofde, 11 skoolhoofde en 76 ondersteuningspersoneellede. Tydens sy ondersoek was slegs vier skoolhoof-, 20 departementshoof- en 317 gewone onderwysposte gefinaliseer. Agt en twintig ondersteuningspersoneelposte (nie-doserend) was nog vakant. Verder meld hy dat advertensies vir die meeste van die poste geplaas en onderhoude gevoer is, maar dat geen aanstellings tot op datum gemaak is nie. Baie van hierdie vakante betrekkings dateer terug na 2018. Hy betreur die traagheid van die ministerie om tydelike personeel aan te stel; daar is een skool wat hierdie personeel uit hul karige bronne voorsien. Die antwoord wat sommige skoolhoofde op hul navrae kry, is dat die dokumente verlê of verlore is. Die ondersoeker skryf die swak prestasies van die Rehoboth-skole aan hierdie toedrag van sake toe; hy het rede tot kommer.
Hierdie toedrag van sake is skokkend! Iemand doen nie sy of haar werk nie en toesighouding is gebrekkig. Tweedens is dit reëlreg in stryd met die personeelreëls van die Openbare Dienskommissie. Derdens skaad dit die grondwetlike reg op onderwys. Vierdens impakteer die ewige gebrek aan en wisseling van onderwysers en senior personeel uiters negatief op leidinggewing en kontinuïteit. En laastens gaan institusionele geheue wat opgebou is, verlore.
In Delhi (Indië) met sy 54 409 onderwysposte is 44% daarvan vakant. Die owerhede maak gebruik van tydelike onderwysers teen 42% van die normale salaris om hierdie probleem te oorbrug. Daar is gevind dat hierdie onderwysers swak opgelei en ongemotiveerd is. Die impak is iets verskrikliks; meer as twee miljoen graad ses-leerlinge in Delhi kan nie lees nie.
(Ek skryf hierdie artikel met groot waardering aan my vriend en oudkollega vir die onthullings in Rehoboth. Ook met vrug gebruik gemaak van Delhi does not have a funding problem – yet its government schools are woefully shortstaffed (2017) deur Aparna Kalra.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie