No Image Caption

Onderwys – Bestuursukses

Die eksterne eksamenuitslae van hoërskole word nie meer aan koerante vrygestel vir publikasie nie.

Wat die rede hiervoor is, weet ek nie, maar ek is oortuig daarvan dat dit ’n ernstige leemte skep. Die belastingbetalers en veral eksterne belanghebbendes (stakeholders) het ’n reg daarop.

Sanet Steenkamp het in Januarie vanjaar verklaar dat die 2023-uitslae effens beter is as die van vorige jare en dat dit vorentoe sal verbeter. Geen mens kan ook met haar verskil, dat ten spyte van krimpende begrotings, die ministerie betekenisvolle insette gemaak het nie.

Wat ’n presterende skool maak en is, sal seker van gemeenskap tot gemeenskap verskil, maar dit is slegs moontlik deur doeltreffende skoolbestuur. En dit, begin by die skoolhoof! Skoolhoofde sal die uitdagings van hul posisies moet konfronteer, die stereotipe vaarwel roep en hulle losmaak van die “rokspante” van die ministerie.

Onthou, die ministerie voorsien, hou toesig, evalueer en probeer regstel, maar kan onmoontlik doeltreffende bestuur van skole waarborg. Skoolhoofde sal die outonomie en onafhanklikheid waarbinne hulle werksaam is, moet gebruik.

Ek het onlangs die inspirerende artikel deur Neil Markovitz van Newmark Hotels in die SA Profile gelees. Die groep waarvan hy deel was, was nie bereid om in te koop by die visie wat hy vir die besigheid gehad het nie. Markovitz het gevolglik weggebreek en Newmark Hotels gestig.

Volgens Markovitz is visie uiters belangrik vir suksesvolle groei en al die rolspelers (aandeelhouers en werknemers) moet hierby inkoop. ’n Visie is egter ’n droom waarvan die realisering êrens in die toekoms lê. Dit kan alleenlik bewaarheid word as daar ’n werkbare plan is. Elke besigheid, skool of kerkgemeenskap behoort oor ’n strategiese plan te beskik wat aandui hoe hierdie visie stap vir stap ’n werklikheid sal word. Dit bly vir my vreemd hoe sommige skole, besighede, kerkgenootskappe en ander organisasies nie oor strategiese planne beskik nie.

Dan kom die operasionele deel en dit is spanwerk en samewerkende bestuur. Skoolhoofde moet hul skole bestuur in samewerking met die skoolbestuurspan, skoolraad en die res van die personeel.

Selfs Markovitz skroom nie om sy moue op te rol en in te spring nie.

En dan, soos ek verlede week geskryf het, sal dit wys wees om die belanghebbendes ook hier te betrek. Spanwerk in ’n organisasie skep ’n gevoel van samehorende verbondenheid en kollektiewe verantwoordelikheid; elke individu besef deeglik wat hy of sy moet doen om sukses en groei te verseker.

Vervolgens moet skoolhoofde besef dat hulle in ’n veranderende en diverse wêreld leef. Hulle moet kennis neem van hoe kennis ten opsigte van bestuur, tegnologie, markte en sosioëkonomie gedurig verander.

Verder leef ons in ander tye; skole, anders as in die verlede, bedien kinders uit verskillende gemeenskapppe, taalgroepe en inkomstegroepe. Alle skole oorleef, maar dit is slegs diè wat bereid is om aan te pas wat sukses en groei ervaar.

En laastens is daar mentorskap. Skoolhoofde moet mentor en ook mentors vir beginner en onervare onderwysers aanwys. Natuurlik sal dit baie help met die opskerp van vaardighede en inwin van kennis. Dit help met die bou en behoud van institusionele geheue en maak die aanwysing van die volgende skoolhoof en departementshoofde soveel makliker. Natuurlik is onderrigleiding (instructional leadership) ’n onafskeidbare deel daarvan.

(Hierdie aflewering dra ek op aan my vriend Taliban (Mogamat Salie Saban) wat sy tweede digbundel gereed kry vir publikasie.)

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!