Onderwys – DHPS en die in loco parentis-leerstuk
Sedert die grondverskuiwende onderwysregsbeslissings van regters Berker en Mohammed in die vroeë 90’s het die lys van hofbeslissings oor die Namibiese onderwys redelik gegroei.
Beslissings rakende die individuele regte van leerders en die arbeidsregte van onderwysers het oor die jare die lig gesien. Die beslissing van regter Eileen Rakow sal nou tot hierdie indrukwekkende lys van uitsprake gevoeg word. Die kwessie tussen die ouers van ’n leerder aan die Deutsche Höhere Privateschule het die afgelope tyd redelik aandag geniet. In die dagblaaie is daar melding gemaak van spanning tussen die leerder en sy onderwyser wat verantwoordelik was vir sy onderrig in geskiedenis en Duits. Die leerder was in die Abitur-leergangstroom geplaas en die ouers is belowe dat hy/sy voldoende ondersteuning in Duits sou ontvang. Daar is agterna die mening uitgespreek dat die leerder se prestasie nie op peil was nie en dat dit beter sou wees om hom/haar na die Cambridge-stroom te skuif. Die ouers se versoek dat hul kind na ’n ander klas oorgeplaas word, het nie byval by die skool gevind nie omdat hulle (die skool) van mening was dat dit net tot meer spanning sou lei.
Die skool het ook later aanbeveel dat die kind na ’n ander skool kan skuif as die ouers nie te vinde is vir sy (die skool) se aanbevelings nie. Skoolsielkundige verslae is deur beide die skool en ouers ingedien en die van laasgenoemde gee mens die indruk dat die kind sterk op pad na pedagogiese verwaarlosing was.
Die hof beslis tereg dat dit “redelik is om te begryp dat die voortgesette emsionele nood onherstelbare skade sal aanrig” en dat die aanbevelings van die skool nie in die beste belang van die kind was nie.
Dit is duidelik dat die beslissing van die hof gebou is op die in loco parentis-leerstuk. Die belangrikheid van hierdie leerstuk blyk uit die oorvloed van wetgewing, onderwyskonvensies, akademiese artikels en navorsing.
Uit hierdie gebeure is ’n klompie lesse vir onderwyspraktisyns van staat- en privaat skole te leer. Eerstens, ooreenkomstig hierdie leerstuk moet die onderwyser waak oor die fisieke, emosionele, ekonomiese en ander relevante belange van die kind. Dan is dit belangrik om te onthou dat die onderwyser in die plek van die ouer vir die duur van die skooldag optree of vir so lank as wat die skoolaktiwiteite mag duur en nie die ouer vervang nie. Enige skoolaangeleentheid waar ’n belang van ’n leerder ernstig bedreig word, moet deeglik ondersoek word alvorens besluite geneem of aanbevelings deur die skool gemaak kan word.
In R v Theron and another 1936 OPD 172 beslis die hof dat die las op die onderwyser rus om te bewys dat so ’n ondersoek wel gedoen is. In die afwesigheid hiervan kan ’n onderwyser nie op die beskerming van die hof steun nie.
Tweedens moet mens onthou dat daar ’n vennootskap tussen die ouer en onderwyser ontstaan sodra die kind tot die skool toegelaat word. In terme van die in loco parentis-leerstuk word die opvoedingsakt die gesamentlike verantwoordelikheid van die ouer en onderwyser. Dit is dan albei se verantwoordelikheid om toe te sien dat doeltreffende onderrig en leer gebeur.
Derdens, moet onderwysers hulle vergewis van die Reëls van Natuurlike Geregtigheid wat ook uit die stal van die gemenereg kom. Ooreenkomstig dit moet hulle onthou dat die kind regte het en nie sy eie regte oorskry nie. Weer eens, die onderwyser tree op in die plek van die ouer en vervang hom nie. Die onderwyser wat dit verstaan, sal besef dat die kernwoorde “waaksaamheid oor die belang van die kind soos ’n sorgsame ouer” en nie soos ’n diktator nie. Die onderwyser het geen reg oor die lewe van die kind nie.
Laastens is daar twee aspekte rakende die in loco parentis-leerstuk wat aangeraak moet word. Eerstens, hoe jonger die kind hoe swaarder rus die las op die onderwyser om te bewys dat die kind ’n vlak van volwassenheid bereik het om in sy eie belang op te tree. Van die verweer dat die graad 1’tjie bewus moes gewees het van die oop mangat op die skoolperseel, sal dadels van kom.
Tweedens, die onderwyser het nie die reg om die in loco parentis-leerstuk so wyd te interpreteer dat dit die aandeel van sy vennoot – die ouer – uitsluit nie.
Na my beskeie mening is dit presies waar die skool die grootste fout gemaak het.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie