Onderwys - Die leerkrag, opleiding en LGBTI-kwessies
Industrialisering het die Europese gemeenskap letterlik op sy kop gekeer.
Vervaardiging is uit die klein dorpies en kothuise gedwing na die groot fabrieke in die al groter wordende stede. Alhoewel die masjien oorgeneem het, was groot massas werknemers nog altyd nodig.
Daar moes voldoen word in die behoeftes van groeiende bevolkings. Verder moet ‘n mens onthou dat die wêreld toe ‘n ongekende groei in die ekonomie ervaar het.
Hierdie ontwikkeling het natuurlik ook ‘n geweldige impak op onderwys gehad. Onderwys is uit die kothuis en werkswinkels op die plase gedwing na die stede waar die fabrieke en ontwikkeling was. Die onderrig van kinders het nou letterlik verskuif vanaf die voete van Gamaliël op die markplein na die vier mure van die klaskamer.
En dit het die behoefte aan ‘n moderne Gamaliël uitgewys. Onderwysers moes opgelei word en by skole aangestel word.
Die onderwyser het die spil waarom alles draai geword. Hy/sy is daarom sonder twyfel die een persoon wat ‘n geweldige impak op die situasie van LGBTI-leerlinge kan uitoefen.
Onderrig geskied nie meer deur die oordrag van vaardighede vanaf die ouers, ooms, tannies en ander lede van klein gemeenskappe na die kinders nie. Kennis het gespesialiseerd geword en onderwyseropleiding is hiervoor nodig. Wetgewing om onderwyseropleiding te orden, kurrikula en oopleidinginstansies is nodig. Maar, opinies van gemeenskappe, soos ek in vorige aflewerings oor hierdie onderwerp aangedui het, is nie altyd baie positief nie.
In lande soos Nigerië, die Russiese Federasie, Oekraïne, Indonesië en Tunisië bly gemeenskappe afwysend teenoor die insluiting van karaktertrekke van die LGBTI-leefstyl in opleidingskurrikula. Daar is wel ‘n verbetering in sommige lande ten opsigte van die aanvaarding van homoseksualiteit.
Deelname aan 'n internasionale meningsopname oor homoseksualiteit het byvoorbeeld van 15% in 2013 tot 37% in 2019 gegroei.
Ons wêreld het egter nog ‘n opdraende stryd wat voorlê; godsdiens en ander vooropgestelde idees bly die grootste struikelblokke. Navorsing toon gemeenskappe met ‘n sterk godsdienstige inslag is sterk gekant teen die insluiting van aspekte van geslagsidentiteit en seksualiteit in hul kurrikula.
Dit verbaas dat die situasie nie veel beter is in ‘n verligte Europa nie. In slegs vier uit die 94 lidlande van die Europese Unie is opleiding in seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, geslagsuitdrukking en variasies van seksuele karaktertrekke verpligtend. Een-en-twintig lande maak darem voorsiening vir indiensopleiding hierin. Goeie vordering is ook gemaak in Ciprus, Swede en Skotland.
Kurrikula word deur die staat voorgeskyf en vind uitdrukking in die klaskamer. Die onderwyser moet egter ná die skooldag terugkeer na sy gemeenskap. Dit is hier waar nie net dit wat hy kinders in die skool leer nie, maar sy hele lewe konstant onder die vergrootglas geplaas word. Dit is byvoorbeeld hier waar hy/sy 'n lidmaat is van ‘n kerk wat nie lede van die LGBTI-gemeenskap op hul kerkraadbanke en kansel toelaat nie. Dit is hier waar onderwysers woon, huis moet koop en inkopies moet doen.
In lande soos Brasilië, Chile en Paraguay moet organisasies gestig word om LGBTI-onderwysers te beskerm.
Om te spog met wetgewing en inklusiewe leerplanne is definitief nie genoeg om onderwysers teen aanvalle uit die gemeenskappe te beskerm nie. En so lank as wat onderwysers nie hierteen beskut is nie, het sogenaamde inklusiewe leerplanne weinig waarde.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie