Onderwys - Die LGBTI-gemeenskap en ons leerplanne
Ons vertoef vir eers by die LGBTI-gemeenskap.
Dit wil voorkom asof wetgewing en ander beskermende maatreëls nie voldoende is om leerlinge en studente uit hierdie gemeenskap teen uitsluiting en die gevolge daarvan te beskerm nie.
John Lennon, een van die grootste liedjieskrywers en sangers van my tyd, het in 1971 sy groot treffer "Imagine" vrygestel. Hierin bepleit Lennon die wegdoen met verdelende en polariserende magte in ons samelewing. In kort pleit hy vir ‘n inklusiewe samelewing sonder sosiale onderskeid en diskriminasie.
Nodeloos om te sê is die liedjie deur die sensuurraad van die destydse Suid-Afrika verbied. Eksklusiwiteit en diskriminasie was juis die fondasies van die apartheidsregime.
In vorige aflewerings is reeds daarop gewys dat die meeste lande wat oor demokratiese grondwette en onderwysbeleide beskik, inklusiwiteit bevorder. Die vraag is of die kurrikula in hierdie lande suksesvolle, inklusiewe leerervarings moontlik maak.
Twee sleutelkwessies: Voorsien dit (in samehang met buite-kurrikulêre aktiwiteite) in die behoeftes van LGBTI-leerlinge, en maak dit die sg. straight leerlinge bewus van hul LGBTI-klasmaats se spesifieke behoeftes bewus asook dat ons almal veel mens is?
Verstaan straight leerlinge dat die maats op dieselfde grondwetlike vryhede geregtig is? Sal hulle as die toekomstige ouers, predikante, onderwysers, regsgeleerdes, parlementslede, regeringsministers, gemeenskapsaktiviste, maatskaplike werkers, mediese dokters, werkgewers en werknemers hulself vir die gelykheid beywer?
Wetgewing is een ding. Die onderwyser mag egter ook nie vergeet van die versteekte kurrikula nie; die sosiale en kulturele norme (soms erg diskriminerend) wat deur die gemeenskap vasgelê word.
Ons ou wêreld sukkel maar met die insluiting van persone met 'n ander seksuele oriëntasie of geslagsidentiteit. Ook in moderne kurrikula.
Feitlik nie een lidland van die Europese Unie spreek die saak deeglik in hul leerplanne aan nie. In die VSA blyk die situasie ewe triestig te wees.
In Suid-Carolina verbied die onderrigprogram enige bespreking oor altenatiewe seksuele leefstyle anders as heteroseksuele verhoudings. Texas se veiligheids- en gesondheidskode verklaar homoseksualiteit en homseksuele gedrag uitdruklik verbode en krimineel.
'n Mens moet in alle regverdigheid egter byvoeg dat verskeie state in die VSA betekenisvolle, progressiewe veranderinge in kurrikula aangebring het. Colorado, Kalifornië, Illinois, New Jersey en Oregon is van hulle.
‘n Studie in die VSA het bevind dat leerlinge veilig voel in skole waar hulle blootgestel word aan inklusiewe kurrikula en praktyke.
Dit lyk of daar ook 'n redelike mate van vordering gemaak is in Oosterse lande soos Mongolië, Nepal, Thailand, die Fillipyne en Viëtnam. In Afrika en in die meeste dele van Latyns-Amerika is dit hierteenoor 'n gesukkel.
Die beste praktyk waarop ek afgekom het, is die een in Vlaandere, België. Nie net is geslags- en seksuele onderrig verpligtend in die eerste jaar van kinders se hoërskoolloopbaan nie; inspekteurs moet die implementering hiervan monitor.
Hierdie week begin konsultasie oor onder andere inklusiewe onderwys in die streke van Namibië in voorbereiding op ‘n groter Unesco-konferensie later vanjaar. Laat ons die grondwetlike regte van alle persone by hierdie byeenkomste verkondig. En mag ons ondanks die uitslag minstens soos John Lennon begin droom:
You may say I'm a dreamer
But I'm not the only one
I hope someday you'll join us
And the world will live as one
Miskien sal dit ‘n goeie begin wees ...
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie