Onderwys – Die reg en LGBTI-studente
Verlede week se artikel het gegaan oor die behandeling wat lede van die LGBTI-gemeenskap van individue en instansies, onder andere by skole, ontvang.
Die literatuur dui daarop dat in baie gevalle daar nie eens oorweging geskenk word aan die grondwetlike regte van die LGBTI-lede nie. Die Namibiese Grondwet waarborg gelykheid voor die gereg en vrywaar enige burger teen diskriminasie op grond van geslag, ras, kleur, etnisiteit en sosioëkonomiese status. Ten spyte hiervan, kom daar nog steeds miskenning van hierdie groep se basiese regte in Namibië en ander dele van die wêreld voor. ’n Hele paar regeringsleiers hier het al verdoemende uitsprake teen die LGBTI-gemeenskap in die verlede gemaak.
Sedert die vroeë jare van de vorige eeu het lede van die internasionale gemeenskap bindende standaarde aangeneem hoe om individue, en veral kinders, teen enige vorm van diskriminasie te beskerm. Dit is veral die Konvensie oor die Regte van die Kind (CRC) van 1990, wat pertinent die beskerming van kinders vooropstel. In terme hiervan is die mede-ondertekenaars veronderstel om maatreëls daar te stel en te implementeer om sodanige beskerming moontlik te maak. In 2016 het die Parliamentary Assembly of the Council of Europe sy lede versoek om die toelating van LGBTI-leerlinge tot onderwys te waarborg.
’n Studie in 2018 het egter getoon dat slegs vier uit die 49 lidlande maatreëls ingestel het ter beskerming van dié jeug; hierdie lande is Malta, Nederland, Noorweë en Swede. Net 22 lande het beleide en aksie planne wat boelie op grond van seksuele orientasie uitdruklik verbied, opgestel.
Hoewel daar beweging in verband hiermee in Latyns-Amerika is, is die situasie nie minder kommerwekkend nie. By die Unesco inter-ministeriële vergadering in 2016, het slegs 15 uit die 56 lande hulle verbind tot inklusiewe en billike onderwys vir alle leerlinge in hul lande. Argentinië het definitiewe wetgewing aangeneem om inklusiwiteit en beskerming van LGBTI-studente bevorder. Die onderwysministerie het ook gidse aan skole beskikbaar gestel om die doelwitte van die wetgewing te realiseer. Chili, Colombia en Costa Rica het soortgelyke gidse aan skole beskikbaar gestel. Aangesien skoolboelie in baie gevalle gemik is op LGBTI-student, het Pakistan en VSA beleide aanvaar wat dit uitdruklik verbied.
’n Studie in die VSA het gevind die maateëls het tog ’n beperkende invloed op die boelie, viktimisering, depressie en selfdoodpogings van LGBTI-studente gehad.
Dit howe kom al hoe meer tot die beskerming van LGBTI-studente. In Kanada het die hof besluit LGBTI-studente en selfdegeslag getroude pare het die reg op beskerming teen diskriminasie. In Indië het die hof ook erkenning gegee aan die transgenderstatus van persone (hijras). ’n Interessante geval het in die hoërhof van Limpopo in Suid-Afrika afgespeel. Die skoolhoof het seuns aangesê om ’n skooldogter na die ablusiegeriewe te neem, haar te laat ontklee en die geslag van haar genitalieë aan hom te rapporteer. Die hof het in haar guns beslis en vergoeding van R60 000 is aan haar toegestaan. Ten spyte hierdie beslissing lyk die toekoms vir LGBTI-student nie belowend in Suid-Afrika nie. Rebecca Davis skryf in die Daily Maverick dat, “It will be much easier, over time, to change attitudes towards race than it would be to alter beliefs about sexuality”.
Die vraag is, hoe lyk die toekoms in Namibië vir studente uit die LGBTI-gemeenskap. Daar is nie veel studies hieroor gedoen nie en ek verkeer onder die indruk dat informasie en data nie juis hieroor ingewin word nie. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie