Onderwyssake rubriek Godfrey Kleinhans
Onderwyssake rubriek Godfrey Kleinhans

Onderwys - Die wysheid van die grysheid

Godfrey Kleinhans
Nou onlangs is ‘n redelike negatiewe skrywe oor seniors en afgetredenes in hierdie koerant geplaas. Dit het van my oudkollegas en vriende redelik ontstel.

Maandagoggend was ek egter aangenaam verras deur ‘n insiggewende skrywe deur “Afgetrede graad 1-onderwyseres” in die briewekolom. Haar brief bevestig net dat ons, ten spyte van hande wat dalk bewe en ietwat onvas voete, nie seniel is nie en geensins gereed vir die graf nie. Ons kognitiewe fakulteite is nog springlewendig en ons kennisraamwerk is steeds stewig ingebed in ons grysstof.

Maar eers terug na die skrywe van die afgetrede onderwyseres. Ek wens haar graag geluk met hierdie bydrae van haar tot onderwys.

Die outeur spreek haar bekommernis uit oor die leerarmoede onder ons skoolkinders. Sy verwys na statistiek wat aantoon dat 57% van kinders, inAfrika, onder redelike en aanvaarbare onstandighede, nie die basiese lees-, skryf- en wiskundevaardighede bemeester nie. Dan vra sy hoe so ‘n kind skool ervaar? Die tweede vraag is hoe so ‘n kind later ‘n beroepskeuse kan maak?

Dan sê sy – ek glo in ‘n gemoed wat wil oorloop van emosie – dis nie net enige kind nie; dis ons Namibiese kinders.

Dan wil sy weet hoeveel ons omgee? In ander woorde, hoe raak ons in die veronderstelde onderwysgemeenskappe in die streke betrokke.

Ek vertou dat die beleidmakers, besluitnemers en onderwysbestuurders kennis sal neem van haar skrywe. Bravo dame! Die bestuur van die staatshospitale en klinieke in Suid-Afrika is in ‘n haglike toestand; dit herinner mens aan die Katutura-staatshospitaal. Die gevolg is dat die fasiliteite en dienslewering by hierdie hospitale in ‘n uiters kritieke toestand is. Maar, die DStv-program Carte Blanche het Sondagaand gefokus op ‘n paar hospitale wat ten spyte van begrotingsgebreke, uiters goed vaar.

Dis duidelik dat dié hospitale baie goed bestuur word en dat die personeel ondanks die stresvolle werksomstandighede steeds gelukkig is. Een so ‘n hospitaal is in die Vrystaat en ‘n ander een is die Chris Hani-hospitaal in Gauteng.

Ingekorte begrotings maak nie ‘n slegte instansie nie; swak bestuur wel.

Ek en ‘n paar oudkollegas van die !Kharasstreek, almal uitgetree, ruil gedagtes uit op ‘n WhatsApp-groep wat spesiaal hiervoor geskep is. Duidelik is almal bekommerd oor die stand van onderwys in die streek. Almal wil weet hoe dit moontlik is dat ‘n streek wat jaarliks so goed in die graad 10- en 12-eksamens presteer het, nou so uiters swak vaar. Ek het al ‘n paar ontledings van die uitslae gedoen en dit is om van te ween. Dis baie duidelik dat swak bestuur uitstaan as die olifant in die voorkamer.

Ek het al vele kere in hierdie rubriek ‘n beroep op ons onderwysowerhede gedoen om die kennis- en vaardigheidsbasisse van skole te verbreed deur die gebruikmaking van afgetredenes. Namibiese burgers moet nie slegs genooi word om betrokke te raak nie; die ruimte moet vir hulle geskep word.

Hulle moet gewillig, welkom en gereed voel om op skoolrade en onderwysforums te dien. En. nie net in ‘n amptelike hoedanigheid nie, maar ook op ‘n ad hoc basis. Verder kan afgetrede inspekteurs en skoolhoofde ook aangewend word om minder ervare skoolhoofde te help. Laastens moet platforms in die dorpe en streke gestig word en die onderwysowerhede en unies moet dit aanmoedig.

Genoeg is genoeg! Diit is tyd dat onderwysgemeenskappe iets daadwerkliks begin doen.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!