Onderwys en armoede
’n Vrou van Engeland het een keer ’n Suid-Amerikaanse land besoek. Op pad na haar hotel moes hulle deur ’n paar lae-inkomste (eintlik arm) woonbuurte ry. Dis toe dat die besoeker opmerk: “There must be very rich people in this country”. Ek hou van Windhoek, dis ’n goed geordende, skoon en veilige stad. Ons het al baie pluimpies uit ons buurland en van elders gekry. Ja, Windhoek het sy eiesoortige probleme, maar nie naastenby op dieselfde vlak as dié van ons buurland nie. Elke besoek aan Windhoek herinner my egter aan die woorde van die Brit – die rykdom teenoor die skreiende armoede. Die huise daar teen teen die heuwels in Kleine Kuppe en elders lyk soos klein hotelle. Ek wonder soms hoe ’n mens so iets kan bekostig. Onwillekeurig word my gedagtes gedwing na Sewende Laan, Havana, Ombili, Hakahana, Okuryangava en ander. Ja, ek weet daar bly mense in hierdie woonbuurte wat nie juis as arm beskryf kan word nie, maar ek is daarvan oortuig dat die meerderheid elke dag deur armoede bedreig word. In Namibië was daar in 2018 sowat 308 informele woonbuurte met ongeveer een miljoen inwoners – amper 40% van die totale bevolking
Ja, ons gee om, maar hoeveel? ’n Oud-skoolmaat van my en tans emeritus-leraar, het onlangs sy misnoë met die kerk op Facebook uitgespreek omdat dit nie genoeg uitvaar teen die misdaad in die Wes-Kaap nie. Die kerk, veronderstel om die grootste bondgenoot in die stryd teen armoede, misdaad en geweld teen vroue en kinders te wees, se stem het stil geword. Die kerk se protes teen die oorloë in die Midde-Ooste, Oekraïne en elders is ook maar effentjies. Dit herinner my aan die Bybelstorie van die geestelikes wat die beseerde op die Jerigo-pad geïgnoreer het.
Terug na die bedelaars! Die areas waar die bedelaars bedags staan is gewoonlik baie besig en ek is ook daarvan oortuig dat die motoriste regeringsamptenare, parlementslede en selfs lede van die kabinet insluit. Ek is ook daarvan oortuig dat van hulle werksaam is by ministeries en departemente wat te make het met die beskerming van kinderbelange. Namibië het baie goeie beleide vir hierdie sektore opgestel en ek wonder hoeveel van hierdie beleide (of dele daarvan) werklik geïmplementeer word. Laat my weer dink aan die ouens op die Jerigo-pad!
Nou, terug na onderwys! In 2021 is gerapporteer dat 15 239 leerlinge die skool voortydig verlaat het, die sogenaamde “dropouts”. Nou, dit sal kortsigtig van my wees om onderwysprobleme en veral dié van voortydige skoolverlating alleen voor die deur van armoede te lê. Maar, die faktore wat genoem word in die verslag het tog in ’n mindere of meerdere mate te make met armoede. Van die oorsake wat in die verslag genoem word is afstand van die skool (ouers kan nie die vervoer en losies bekostig nie), werksaanbiedinge (moet bydra tot huishouding), eksamenfooie (ouers kan dit nie bekostig nie), onttrekking deur ouers (kinders moet help met die huishoudelike take), swangerskappe (17,4%), honger, en so gaan die lysie aan. Dit sal goed wees as een van die hoër onderwysinstellings navorsing kan doen om presies te bepaal in hoe ’n mate armoede bydra tot swak prestasie en voortydige skoolverlating.
Ons sal die armoedeverskynsel meer ernstig moet opneem. As ons dit nie doen nie sal dit eendag ’n onaangename besoek aan ons bring. Ons kan gerus ag slaan op die wyse woorde van Moeder Theresa: “The greatest disease in the West today is not tuberculosis or leprosy; it is being unwanted, unloved, and uncared for.”
Die voorwaarde: ons moet ernstig wees!
[email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie