Onderwys – Formele onderwyssektor
Ek het al baie keer in hierdie rubriek geskryf oor die belangrikheid van gemeenskapsbetrokkenheid by onderwys. Ja, ons betaal belasting en dra by tot die finansies van skole, maar dit is nie genoeg nie. Ek onderstreep hierdie standpunt met my pleidooi dat gemeenskapsinstansies soos die streekonderwysfora, wat deur wetgewing geskep is, hul verantwoordelikheid as voogde van streekonderwys ernstig moet opneem. Maar nou kry ons die ontstellende realiteit dat hierdie belangrike instansies in sommige streke nie eens bestaan nie. Die gevolg is die streke waar daar nie ’n forum is nie, moet sonder hierdie nodige voogdyskap klaarkom. Onderwys benodig ook die intellektuele en emosionele ondersteuning van die gemeenskap.
Maar, dit is nie vandag se onderwerp nie. Deesdae wonder ek hoe besorgd en beskermd die gemeenskap teenoor die formele onderwyssektor is. Ons hoor gereeld hoe besorgd en selfs beskermend verkose politici is oor wat in ons skole aangaan. Gemeenskapslede laat gereeld van hulle in die SMS-kolomme van die nuusblaaie hoor. Maar, hoe ernstig is ons oor ons rentmeesterskap. Hoe graag wil ons hê dat die sektor moet slaag? In hoe ’n mate dra ons (individue en instansies in die gemeenskap) by tot die sukses van individuele leerlinge en studente se sukses; en hier verwys ek nie net na geld nie. Miskien kan ek my duideliker uitdruk aan die hand van een van Carte Blanche se stories.
Bloemfontein, in ons buurland, is ’n groot stad met ’n groeiende studente-gemeenskap. Die stad het drie tersiêre opleidingsinstansies, naamlik die Universiteit van die Vrystaat, die Sentrale Universiteit van Tegnologie en die Qualitas Loopbaan Akademie. Oor die jare, veral sedert 1994, het die Universiteit van die Vrystaat se studentebevolking geweldig gegroei. Hierdie instansie alleen het ongeveer 41 900 dagstudente op sy Bloemfontein-kampus. Slegs ’n gedeelte van hierdie studente kan in koshuise geakkommodeer word. Die aantal studente en behoefte aan akkommodasie is deur talle individue en besighede as geldmaak-geleenthede gesien; niks van altruïsme nie. Baie studente word in wooneenhede gehuisves wat deur hulle voorsien word; natuurlik teen sowat R45 000 per student per jaar.
Studente kan ’n rumoerige spul wees; veral oor naweke of aan die einde van ’n semester. Dan word die musiek hard gespeel en daar word geraas en die volgende oggend is die wêreld vol drankbottels en bierblikke. En natuurlik ’n klomp ontstoke bure. Heelwat van die inwoners het al hierdie rustige woonbuurt verlaat. Klagtes het toe heelwat inligting oor die toestand van sake aan die lig gebring.
Soos reeds gesê is die wooneenhede opgerig met die spesifieke doel om studente teen hoë pryse te akkommodeer en definitief nie uit altruïsme nie. Daar is ook vasgestel dat selfs werknemers van die universiteit vir hierdie geleentheid gespring het om geld te maak. Die oprigting van een so ’n woonselblok wat aan ’n werknemer van die universiteit behoort, het nie deur al die munisipale prosesse gegaan nie; die oprigting daarvan was dus onwettig. Op navraag laat weet sy prokureurs Carte Blanche dat hy nie die eienaar daarvan is nie. Natuurlik ’n leuen.
Ek en my vrou het hierdie eerstehands ervaar. Met my seun se eerste jaar op Nust is hy losies deur ’n private studente-akkommodasie aangebied, wat ons aanvaar het. Die deposito is betaal, maar voor hy kon intrek, kry hy plek in die koshuis. Die eienaars het geweier om die deposito (N$3 000) terug te betaal. Hulle antwoord, “business is business”.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.
‘

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie