Onderwys - Gesondheid en veiligheid
Dinsdagoggend hoor ek oor Hartklop van ‘n vooraanstaande sekondêre skool wat sukkel met ‘n erge rioolprobleem.
Die stelsel is defektief en skep reusegesondheidsuitdagings vir die leerders en personeel. Volgens die berig is die situasie reeds meer as een keer by die relevante owerhede aangemeld, sonder enige sukses.
Hierdie probleem is nie enig van sy soort nie en as oud-skoolhoof en -onderwysbeplanner is ek deeglik vertroud hiermee. Ek het oor die jare geleer dat owerhede baie van hierdie probleme maar traag en voetslepend aanspreek.
Gesondheid en veiligheid is van die onderwerpe wat onder die tema van inklusiwiteit by Unicef se onderwyskonferensie behandel is. Feite wat hieroor aan die lig gekom het, behoort elke onderwyspraktisyn nagmerries te gee.
Onderwysgemeenskappe word wêreldwyd al vir lank bedreig deur geweld (gesins- en teen kinders ingesluit), gewapende konflik, verskuiwing van mense, natuurrampe en erge diskriminasie teen vroue en die gay gemeenskap. Hierdie rampe en krisisse kom nie sonder hul maatjies nie: armoede, ondervoeding, aansteeklike siektes en algemene swak liggaamlike en geestesgesondheid.
Die wêreld hoop en bid die konflik tussen Rusland en Oekraïne ontaard nie in ‘n kernoorlog nie.
Die wêreld word sedert 2017 geteister deur ‘n groot aantal tropiese storms; een wat in 2017 oor die Atlantiese Oseaan ontwikkel het, het die pragtige naam Tammy (my dogter se naam) gekry.
Vir lang periodes kom kinders nie in die skool nie en kinders word in sommige areas totaal van onderwysgeleenthede afgesny. In sommige gevalle, soos met gesondheidspandemies, gaan geslagte van kinders verlore.
Ons is mos vinnig om skuld te gee, maar wie gaan ons hiervoor blameer? Ons sê hier in die Suide “dit wat jy oorkom, het jy gesoek”.
Beskik wêreldleiers oor die vermoë om hierdie krisisse te hanteer? Beskik wêreldleiers oor die bereidwilligheid om te luister na kundiges wat hulle aangewys en aangestel het?
Ook hier ter plaatse word ons gereeld deur gesondheids- en veiligheidsuitdagings geteister. In verskeie aflewerings het ek verlede jaar daarop gewys dat ons kinders nie altyd veilig in ons skole is nie. Heelwat verkragtings deur onderwysers het al aan die lig gekom.
In ‘n onlangse ondersoek deur parlementariërs in een streek, het dit aan die lig gekom dat dogters so jonk as elf jaar swanger was.
Beskik ons onderwysstelsel hier ter plaatse oor die kollektiewe leierskap om met werklike oplossings vorendag te kom? Ook vir die rioolprobleem hierbo genoem.
Beskik ons leierskorps oor die bereidwilligheid en politieke wil om andere en kenners om raad en hulp te nader? Ja, ons is vinnig om die privaat sektor en skenkers om finansiële hulp te nader; dit terwyl ons groot dele van ons begrotings gebruik op aktiwiteite wat min te make het met werklike onderwysuitdagings. Wil ons regtig gehelp wees?
Ek, 'n ander oud-skoolhoof en oud-inspektrise het dieselfde oggend in ‘n gesprek presies hierdie selfde vrae gevra. Ons is dit eens dat daar in alle onderwysgemeenskappe nog afgetredenes is wat heeltemal afgesny is van hul vorige nering; mense wat wandelende ensiklopedieë van kennis en vaardighede is en steeds bydraes kan maak.
Hierdie situasie herinner my aan die gedig "Counting the Seconds" van Maurice Yvonne waarvan ek selgs een strofe aanhaal:
I sit lonely
the crowded restaurant is thick with sound
I pick away at it
moving back into stagnant silence
of my own comfort
En dan verder af ...
Finally
HOME
Is dit wat van afgetredenes verwag word?
- godfrey,[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie