Onderwys – Groenwaterstof-beurse
Olie, gas en die ontwikkeling van groenwaterstofenergie voorspel ongekende voorspoed vir ons land.
Ongeëwenaarde sosioëkonomiese ontwikkeling wag vir ons. Daar is egter ’n waarskuwing; dit moet reg hanteer en bestuur word. Hier het ons geen “paloekas” en individue met “Fishrot”-intensies nodig nie.
Dit beteken dat ons sal vroegtydig ingeligte besluite neem, en dit sluit die aanstelling van die regte mans en vroue in die regte posisies in. Die Duitse regering is die eerste om beurse aan te bied vir toepaslike studies om dié persone op te lei vir hierdie opwindende tyd wat voorlê. Dit sluit befondsing in vir toepaslike meestersgraadstudies asook vir opleiding in ketelmakery, loodgietery, pypleiding en dies meer.
By die lHai lKhau-fees te Berseba het van die leiers beswaar gemaak teen die feit dat geen een van die Suide-kandidate oorweeg is vir van die voormelde beurse nie.
Dit is veral vreemd aangesien die ontginning en ontwikkeling merendeels in die Suide sal plaasvind. Die plaaslike owerheid op Keetmanshoop wil proaktief wees en praat reeds van die uitbreiding van die lughawe hier. Vir die adjunkpresident Netumba Nandi-Ndaitwah is dit net so vreemd en sy is van mening dat die besluit ondersoek moet word.
Die Gaob, Johannes Isaak, kan met reg vra: “What kind of education are our children subjected to that not even a handful are meeting the said requirements.”
By daardie vergadering is ook tereg gevra hoe die ||Kharas-kinders so swak kan vaar as die streek oor voldoende opgeleide onderwysers en klaskamers beskik. Verder kan ek byvoeg dat die streek oor baie positiewe onderwyser-leerling- en klaskamer-leerling ratio’s beskik.
Ek sal, in die lig hiervan, ook wil weet wat in ons skole aangaan. Die ontleding hieronder verwys slegs na 2023, maar gegrond op my kennis van die streek, twyfel ek geensins dat die uitslae van die vorige vyf jaar anders gelyk het nie. As my aanname korrek is, is daar baie min van die 2018-’19 se graad 12-graduandi wat in besit is van ’n B.Sc-graad met die vereiste vakke en wat sal kwalifiseer vir so ’n prestige beurs. Ek wil dit ook onomwonde stel dat die gunstige posisie van die streek op die jaarlikse ranglys nie ’n aanduiding van die kwaliteit van die simbole en verspreiding van die vakke is nie. Kom ons kyk nou na die AA- tot C-simbole in sommige vakke in graad 11 en 12 se uitslae van 2023.
TABEL
Nou sal dit interessant wees om te weet hoeveel van hierdie graduandi geregistreer het vir B.Sc-voorgraads by een van ons universiteite of elders. Hoeveel van hierdie graduandi het gekwalifiseer vir privaat sektor-beurse vir universiteitstudie in 2024? Verder val dit vreemd op, in ’n streek met soveel rekenaaronderrigfasiliteite, dat geen kandidaat in 2023 vir die vak geregistreer het nie. Maar, dat ons streek swak vaar staan soos ’n paal bo water.
Ons sal moet KEER of tou opgooi soos Karen Blixen in Out of Africa (1937) uitroep toe sy die damwal nie kon red nie: “Let the waters go back to Mombassa”.
Dit weier ek om te aanvaar!
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie