Onderwys - Hieroor moet vanjaar se groot beraad besin
‘n Mens kan aanvaar dat die totale impak van die Covid-19-pandemie op die onderwys nog nie bereken is nie.
Hiervoor is omvattende data-insamelingsprojekte, groot kundigheid, tyd en geld nodig.
Skool- en klaskamer praktyke is erg ontwrig en baie onderrig- en leertyd het verlore gegaan. Natuurlik kan mens ook aanvaar dat daar ‘n groot insinking in die kwaliteit van onderwys was. Gepaardgaande hiermee is baie kinders se skoolloopbane tot stilstand geruk.
In Suid-Afrika alleen het 750 000 leerlinge die skool sedert Maart 2020 en Julie 2021 voortydig verlaat. In Malawi het die uitvalsyfer van dogters in die primêre skool met 48% toegeneem. In baie Afrika-lande het kinders die skool in groot getalle voortydig verlaat. Dit wil nie sê dit het nie elders in die wêreld ook gebeur nie.
Een van die grootste kopsere van vroeë skoolverlating is dat groot dele van 'n land se bevolking nie die nodige vaardighede bekom om ‘n behoorlike inkomste te verdien nie. Armoede neem toe en druk word op regerings geplaas om al hoe meer geld te reserveer vir die behoeftes van hierdie segment van die gemeenskap.
Afrika het groot vordering gemaak met die toelating van dogters tot skole. Baie vroue vandag posisies wat tradisioneel vir mans gereserveer was. Maar, die Covid-19-pandemie kan ‘n geweldige terugslag op die gebied veroorsaak.
Sedert die pandemie se aanvang het tienerswangerskappe met ongeveer 60% in Suid-Afrika se Gauteng-provinsie toegeneem. Tussen April 2020 en Maart 2021 het 23 000 dogters onder die ouderdom van 18 geboorte geskenk. Byna 'n duisend (934) dogters onder die ouderdom van 14 jaar het in dieselfde periode kinders in die lewe gebring.
Dit is nog het einde niet. Skooldogters van 19 jaar en ouer het vir 14 577 bevallings gesorg.
Die pandemie het ongetwyfeld bygedra tot hierdie probleem. Skole het gesluit en baie kinders het geen, of beperkte toegang tot tuis- en aanlynonderrig gehad.
Jonathan Jansen van die Universiteit Stellenbosch het vroeër geskryf baie huishoudings moes tussen brood en data kies.
Ek het al in die rubriek genoem dat baie ouers voltyds werk en eenvoudig nie tyd of energie het om kinders ná werk te help nie. Baie kinders was op hul eie en sonder toesig of ‘n volwassene by die huis. Skoolwerk was vir baie nie ‘n prioriteit nie, en dan word die spreekwoord ledigheid is die duiwel se oorkussing waar.
Wanneer oor nuwe veranderinge in die onderwys gepraat word, aanvaar ek daar sal nie gou weer aan die kurrikula gepeuter word nie. Daar sal eerder na ons bestuurstyle gekyk moet word om dinge beter te doen. Skoolontwikkeling sal ook meer rasioneel moet wees en ons sal geld moet spandeer vir die doel waarvoor dit begroot word. Ons sal ook weer indringend na inklusiwiteit moet kyk. Alvorens ons oor alternatiewe onderrigmetodes tydens noodsituasies besluit, moet ons die impak daarvan bepaal.
Volgens my was die grootste fout om die alternatiewe-dae-model bo dubbelskofte te verkies.
Baie belangrik: ons sal noodplanne vir enige noodsituasie in plek moet kry. Ons moet gereed vir natuurrampe, gesondheidspandemies en alle ander gebeurlikhede wees.
Duisende leerlinge sal weens die pandemie armoedige volwassenes word. En om die armoede-sirkel te breek, word al moeiliker. Ons is baie armer; ons het moontlike dokters, ingenieurs, onderwysers, regsgeleerders en leiers verloor.
Ons moet geïntegreerd en holistiese beplan om kinders so lank as moontlik in die skool te hou en hulle die geleentheid gun om hul volle potensiaal te ontwikkel. Hierdie is die groot taak vir die konferensie later vanjaar.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie