Onderwys - Hoe lank wil ons nog swyg?
Ek het onlangs vier aflewerings van hierdie rubriek gewy aan die LGBTI-gemeenskap en onderwys. Ek is steeds daarvan oortuig dat elke moontlike onreg wat hierdie leerlinge en studente aangedoen word, aan die groot klok gehang moet word.
Nou onlangs het ons, ‘n klompie oud-kollegas en vriende, ‘n koppie koffie saam geniet. Dit was ‘n heuglike tydjie. Ek vertel hulle toe van my voorneme om nog een artikel oor die onderwerp te skryf.
Hulle het, na aanleiding van hul reaksie, duidelik genoeg daarvan gehad. Hulle reaksie was nie juis bemoedigend nie. Ek stem nie saam nie; vandaar vandag se artikel.
Hulle respons het my laat dink aan een van my geliefde aanhalings: "... the only thing necessary for the triumph of evil, is for good men to do nothing", wat verkeerdelik aan die parlementariër Edmund Burke toegedig word.
JF Kennedy het Burke ook daarvoor krediet in sy toespraak voor die Kanadese parlement gegee. Dit wil egter voorkom asof die polemiek hieroor nou opgeklaar is. Dit is eintlik John Stuart Mill wat in 1867 by die Universiteit van St. Andrews gesê het: "Bad man need nothing more to do to compass their ends, than that good men should look on and do nothing."
Burke het wel presies ‘n eeu vroeër gesê,: "When bad men combine, the good must associate; else they will fall, one by one, an unpitied sacrifice in a contemptible struggle."
Ons meer resente geskiedenis is besaai met voorbeelde van onbeteulde euwel terwyl die goeie ouens met gevoude handjies sit. In sy boek Gangster State onthul die joernalis Pieter Louis Myburgh die euwels van die politilkus Ace Magashule terwyl hy (Ace) nog premier van die Vrystaat was. Toe Magashule hom met die hof dreig, was Myburgh se respons, by wyse van spreke ,”bring it on”.
Die ANC-leierskap was duidelik hiervan bewus, maar het eerder verkies om nie die oënskynlike te doen nie. Magashule het selfs die sekretaris-generaal van die magtige ANC geword.
Die Zondo-Kommissie het nou aanbeveel dat Ace en sy maatjies van Prasa, Eskom, die lugdiens en Zuma nou voor die hof gedaag moet word. Mens kan ook net hoop dat die Gupta’s hulle dag in die hof sal kry.
Waarom is mense so bang om die regte ding te doen?
Ek het vroëer geskryf oor ‘n ondersoek by ‘n skool wat ek in die neëntigerjare gedoen het. Daardie skool doen nog altyd net so swak; niemand in die onderwysgemeenskap rep ‘n woord nie.
Onderwys-ontwikkeling wat min te make het met rasionele skoolontwikkeling en koste-effektiwiteit vind steeds plaas. Vermorsing van kwynende bronne en niemand rep ‘n woord nie!
Gedurende die Rivonia-verhoor was Nelson Mandela ook nog in die tronk oor ‘n ander “beweerde misdryf”. Die bewaarders was ‘n brutale spul. Een van hulle, met die van Gericke, het gedreig om Mandela fisiek aan te rand.
Mandela, in ‘n uiters kwesbare situasie, se reaksie in die gesig van hierdie dreigende brutaliteit was: "If you so much as lay a hand on me, I will take you to the highest court in the land and when I finish with you, you will be as poor as a church mouse" (Long Walk to Freedom, p. 298). Mandela was self verbaas dat hy dit gesê het, maar hy sou nie swyg sodat Gericke sy dreigemente kon uitvoer en skotvry daarvan afkom nie.
Ons onderwyssisteem is nie waar dit behoort te wees nie. Hoe lank gaan ons nog swyg terwyl krete gereeld van ons ouers, onderwysers en kinders gehoor word?
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie