Onderwys - Hoe om die beste skoolhoof te kies
Ek het al heelwat spasie in hierdie rubriek aan die skoolhoof se plek in die onderwysstelsel afgestaan en die belangrike onderwerp uit vele hoeke bekyk.
Belanghebbendes, veral ouers, het gewoonlik heelwat te sê oor skoolhoofde. Dit is ook reg so aangesien ouers hulle kinders vir ‘n groot deel van die dag in die sorg van skoolhoofde laat. En natuurlik vang die hoë bome die meeste wind.
Wanneer leerlinge nie behoorlik presteer nie, veral in die graad 12-eksamens, word hy of sy behoorlik verbaal in die openbaar afgeransel.
Tans, weens die Covid-19-pandemie, is daar darem moontlike gronde vir 'n bietjie versagting, soos: “Daai skoolhoof is nou wel nie die beste nie, maar ons moet darem nie die impak van Covid vergeet nie...”
Maar, kom ons wees eerlik - ons skole doen nie goed nie.
Ons leerlinge mag miskien as gevolg van 'n stelsel van outomatiese bevordering na 'n druipslag in sekere skoolfases vinnig deur die stelsel beweeg, maar baie verlaat die skool weens die uitvalsyfer reeds voor graad 11 of 12. En ons finale eksamenuitslae is nou al vir ‘n paar jaar nie juis iets om oor huis toe te skryf nie.
Hierdie toedrag van sake bring my by die kriteria wat gebruik word wanneer kandidate vir aanstelling as skoolhoofde oorweeg word.
Ek wou nog altyd weet waarom mnr. Windlawaai eerder as hoof aangestel is by die Hoërskool Jakkalswater en nie mnr. Stillewind nie.
Die antwoord lê blykbaar in die onderhoude wat met hulle gevoer is, waarin eersgenoemde beter as laasgenoemde gevaar het.
Die onderstaande vrae sal vir kandidate wat na so ‘n onderhoud genooi is bekend klink:
• Vertel ons oor jouself.
• Hoekom dink jy dat jy die ideale kandidaaat vir die betrekking is?
• Dink jy dat jou ervaring jou vir die betrekking van skoolhoof voorberei het?
• Vertel ons oor jou sterk en swak punte.
• Ensovoorts, ensovoorts.
Die paneellede ken nou punte toe aan die kandidate en die een wat die meeste punte opgestapel het, sal dan moontlik aanbeveel word. Die huidige praktyk mag hiermee verskil, en natuurlik kan daar van skool tot skool sekere aanpassings gemaak word, maar dis soos ek dit onthou.
Is dit egter die beste manier om die beste kandidaat aan te wys?
Sal die kandidaat met dieselfde akademiese kwalifikasies en jare ervaring, maar minder blootstelling noodwendig ‘n swakker skoolhoof wees? Wat van die kandidaat wat in alle opsigte aan die vereistes voldoen, maar nie die antwoorde so goed kan artikuleer nie.
Ek dink ons het ‘n meer objektiewe toets nodig.
‘n Kandidaat moet ‘n idee hê hoe hy of sy die kwaliteitskurwe by sy skool opwaarts sal kan laat beweeg.
Wanneer die suksesvolle kandidaat die kantoor van skoolhoof betrek, wag daar op hom of haar onder andere ‘n personeel, leerlinge van verskillende ouderdomme en in verskillende grade, ‘n kurrikulum, ‘n skoolraad, belanghebbendes, fasilteite, uitrusting, ameublement, finansies en programme. Al hierdie komponente moet bestuur word. Maar,nog belangriker, die bestuurskomponente moet suksesvol geintegreer en geinkorporeer word in die oorhoofse skoolbestuur. Al hierdie komponente moet bymekaar gebring word en soos hulle sê kan jel.
‘n Kandidaat wat hierdie konsep van skoolbestuur verstaan, sal kan aandui hoe die implementering daarvan sal plaasvind sodat kwaliteitonderwys binne die bereik van so ‘n skool kan kom. So ‘n kandidaat kan enige tyd my stem kry.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie