Onderwys – Kunsmatige intelligensie
Op skool, in die sestigerjare, is ons soms gevra om opstelle te skryf oor hoe die wêreld sou lyk teen die draai van die 20ste eeu. Die 60’s was eintlik ’n tyd van kontraste. Aan die een kant was die rukkende hysbakke, kruipende stoomtreine, transistor-radio’s, “nommer-asseblief”-plattelandse telefone en telegramme. Aan die ander kant was klanksisteme al in die eerste helfte van die eeu gebore en die elektriese kitaar in 1960.
Daai groot kassetspelers het ook in dié dekade die lig gesien. Ons kon al oor die transistor na die Beatles, Rolling Stones, Cliff Richard en Elvis luister en hul plate was in CNA beskikbaar. En die 60’s was ook die era van die hippies en die begin van “designer drugs”. Dagga was natuurlik onwettig, maar goedkoper en geredelik beskikbaar. En, natuurlik die tyd van die mooi motors; wie kan die Chevrolet met die pragtige vlerke en die statige Studebaker (Stoot-die-Bogger) vergeet. Daai legende is in my dorp aanmekaar gesit.
Maar, kom ons los eers die nostalgie en keer terug na die visioene van tieners. Opstelle oor bewegende platforms, hysbakke wat die boonste vloer in ’n oogwink bereik het en sneltreine het die juffrou bereik.
In my lewe het ek die meeste van die goed ervaar of gesien. Blitsvinnige hysbakke en treine. Ek het self nie met die Concorde gereis nie, maar wel een op die Kaapstadse lughawe gesien. Op die Atlanta-lughawe maak ’n bewegende platform dit maklik om met al jou bagasie van een punt na die ander te beweeg.
Selfs die plattelandse kinders kan nou “gratis ritte” op die roltrappe neem soos die grapjas Trevor Noah in sy liedjie “Escalator” sing. In die motorfabrieke word mensehande al hoe meer met robotte op die produksielyne vervang.
Sommige Suid-Afrikaanse koerante sal nie meer op straat verskyn nie; sommige sal voortaan net in digitale vorm beskikbaar wees terwyl ander se deure op die punt is om te sluit. Oor al hierdie en soortgelyke ontwikkleinge kan u meer gaan lees in die boek Power Shift (1991) van Jonathan Toffler.
Dit bring my by die vraag vir hoe lank biblioteke nog bestaansreg gaan hê met die ontwikkeling van kunsmatige intelligensie (KI). KI-tegnologie stel rekenaars en robotte instaat om te doen wat intelligente menslike wesens normaalweg doen. Ek het reeds verwys na rekenaar-gekontroleerde robotte in die fabriek. Outeurs hoef nie meer geld uit te gee op proeflesers nie en die lewe van projekbestuurders en toekomsbestuurders word baie maklik gemaak. Maar, biblioteke bestaan al vir eeue terwyl KI nou die dag se nuus is.
Die eerste biblioteek is deur Ptolemy 1 van Egipte tussen 323 en 282 voor Christus gestig en tussen 282 en 246 in Alexandrië opgerig. Die biblioteek van Ashurbanipal is in die 7de eeu voor Christus gestig, maar net soos die biblioteek in Alexandrië, is dit ook deur groot brande vernietig.
Mega-volumes kennis, geskryf op boekrolle en kleitablette, is vernietig. Dank die Vader dat 30 000 kleitablette van Ashurbanipal vir die nageslag bewaar is.
Deur die eeue heen het biblioteke die grootste bewaarders van kennis gebly, maar KI maak dit vandag moontlik vir mense in die mees verafgeleë en verlate gebiede om toegang tot hierdie kennis te kry.
Nou, moet ons aanvaar dat KI biblioteke moet vervang? Dit gaan nie so maklik wees nie! Baie biblioteke het groot brande en aanslae van vernietiging oorleef. Die biblioteke van Alexandrië en Ashurbanipal is in brande vernietig, maar kleitablette is veilig in ’n hedendaagse museum. Kinders leer die vaardigheid om te lees aan in die skool, maar kweek ’n liefde daarvoor in die omgewing van boeke. Om KI te verstaan en reg aan te wend moet die verbruiker ten minste die instruksies en aanwysings kan lees en verstaan. Biblioteke vertel ons hoe ons samelewing tot hiertoe gekom het, maar dit kan met KI hand aan hand die toekoms inwandel. Die een kan in die diens van die ander staan.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie