Onderwys - Kwaliteit en skoolklimaat
Verlede week het ons die tema van kwaliteit onderwys ingelei met die eerste stel indikators van Debra Shepppard.
Naas die ondersteuningsfaktore word die graad van kwaliteit in ons onderwys ook bepaal deur die skoolklimaat. Onder skoolklimaat lys sy die volgende:
• Verwagtinge van die leerlinge
• Ingesteldheid van onderwysers
• Die aard van orde en dissipline
• Die mate waarin die kurrikulum georganiseerd is
• Die aandwending van vergoeding (rewards) en aansporing (incentives)
Onderwys gaan in die eerste plek oor die kinders. Ons stuur hulle skool toe om sodoende die toekoms positief te beïnvloed.
Kinders, hoe klein ook al, betree die skool met verwagtinge. Hulle wil onderrig ontvang, hulle wil kennis opdoen, hulle wil deelneem aan dit wat die skool bied en hulle verwag dat hulle menswees erken sal word. Kinders mag nie soos robotte behandel word nie en beledigings en lyfstraf dryf hulle uit skole.
Veral ouers lewer kritiek oor die skoolklimaat wanneer hulle kinders en/of die skool nie na behore presteer nie. Uitlatings soos dat onderwysers nie hul werk doen nie of die skool swak bestuur word, is algemeen.
Die ingesteldheid van onderwysers kan aan die hand van die volgende faktore bepaal word.
• Die graad van motivering en beslistheid waarmee elke dag by die skool opgedaag word.
• Die aard van kennis en vaardigheid waarmee klasse bestuur word (lesvoorbereiding, aanbieding en kontrole van leerlinge se werk ingesluit).
• Leerlinge se deelname in onderrig en leer in die klaskamer.
• Die vlak van orde en dissipline.
• Die graad van wedersydse agting en respek tussen onderwyser en leerlinge.
‘n Onderwyser moet streef om leerlinge se unieke vaardighede en individulaiteit te ontwikkel.
Die georganiseerdheid van die kurrikulum is bepalend vir die uitvoering van die onderwyser se dagtaak en is nou verweef met orde en dissipline. Leerplanne word deur die ministerie bepaal en geskryf en is wetlike instruksies wat deur skole toegepas moet word.
Kernvrae is hoe die kurrikula uitdrukking vind in onderwysruimtes en hoe dit deur middel van onderwysers se vaardighede en kennis uitgedruk word. Ook: hoe word skryfbehoeftes, handboeke en ander toerusting aangewend word en kry die leerplan werklik betekenis binne die konteks van oorkoepelende skoolbestuur.
Die belangrikste bestuurinstrument by enige skool is die rooster. Dit is die middelpunt waarom die bestuur van tyd, personeel, klaskamers, leerlinge en hulpbronne wentel. Dit bepaal die waar, wat en wanneer van aktiwiteite. Die hoe word deur die onderwyser en skoolbestuur bepaal.
Roosters se bydrae tot kwaliteit onderwys kan nooit onderskat word nie. Elke taak moet op sy voorgeskrewe tyd afgehandel word. In die bestuurskonteks praat ons van “time-on-task”.
Vergoeding en aansporing moet in elke skool geld en ondersteun orde, dissipline en prestasie. Onderwysers moet die inisiatief neem om leerlinge aan te moedig deur erkenning te gee of spesiale takies uit te deel.
Leerlinge word tydens prysuitdelingsaande beloon en ook geldelik vergoed wanneer hulle in die finale skooleksamens baie goed vaar. Dit is nie net 'n aansporing vir skoolverlaters nie, maar ook vir die daaropvolgende jaar se graad 11’s en 12’s.
In sommige lande word onderwysers van die jaar aangewys.
Die voormalige premier van die Sowjet-unie, Nikita Kroestjof, het gesê: "Call it what you will. Incentives are what get people to work harder."
Ek dink die ou kommunis was tog reg hieroor.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie