Onderwys - Kwaliteit verg sweet
Die wêreld waarin ons onsself bevind, is geen maklike plek nie. Ons nuus bly vol van moord en doodslag, ontvoerings, aanrandings, inbrake en roof, diefstal en natuurlik korrupsie.
Nigerië blyk deesdae die “gesogte” plek te wees vir ontvoerings en doodslag. Sedert 2015 en die ontvoering van 276 skoolmeisies in Chibok deur Boko Haram, is ‘n verdere 1 500 dogters in die land ontvoer. Die ander dag is mense in ‘n kerk doodgeskiet.
Volgens ‘n 2010 opname in Suid-Afrika is die koers van ontvoering tien uit elke 100 000. Baie ontvoerings word gedryf deur 'n losprys, terwyl ander pogings deel van mensehandel is.
In Suid-Afrika kan 21% van vroue verwag dat hulle aangeval en mishandel sal word deur hul eggenote en lewensmaaats. In Namibië staan hierdie koers tans op 33% vir vroue tussen die ouderdom van 16 en 49 jaar.
Dit is ook uiters ontstellend dat jong mense, selfs laerskoolkinders, die teikenmark vir dwelmhandelaars word. Om alles te kroon is ‘n onderwyseres hier in Namibië onlangs met ‘n groot hoeveelheld mandrax-pille in haar besit betrap.
‘n Kind is amper dood in ‘n erg rassistiese aanval in Gauteng en 21 jong mense is dood na ‘n partytjie in ‘n taverne in Suid-Afrika.
Hierbenewens bly korrupsie hier en wêreldwyd van ons grootste kopsere. En dan lyk dit of al die mens se sondes nou kulmineer in die verwoestende oorlog tussen die Oekraïne en Rusland. Hierdie wêreld van ons dwing my gedagtes na hierdie gedig:
unbelieving eyes
unbelieving eyes
glued to surreal images
death and destruction
and an ashen aftermath
terrorism had hit home.
(digter onbekend)
Ten spyte van alles, glo ons steeds in onderwys, en stuur ons kinders ooreenkomstig die grondwetlike opdrag skool toe, plaas hulle in die hande van skoolhoofde en onderwysers omdat ons oortuig is dat ons die toekoms hierdeur ten goede sal beïnvloed.
Volgens artikel 26 van die Universele Verklaring van Menseregte (1948) glo ons dat onderwys “....shall promote understanding, tolerance and friendship among nations, racial and religious groups....”. Maar onderwys moet ook van 'n rededlike kwaliteit wees. Kwaliteit onderwys kan ons deur hierdie "grysland", soos digter Dirk Opperman dit noem, lei.
Maar kwaliteit onderwys is nie vanselfsprekend nie; dit is iets waarvoor gewerk moet word. Ons moet kwaliteit onderwys maak gebeur.
Die beleidmakers en beplanners moet seker maak die nodige fasiliteite, onderrigmateriaal en opgeleide onderwysers is beskikbaar. Wat in skole gebeur, moet voortdurend gemonitor en ge-evalueer word. Operasionalisering moet geskied aan die hand van effektiewe beleidsrigtings.
Die betrokkenheid en inspraak van onderwysgemeenskappe moet gewaarborg word. Skoolrade moet in plek en die lede opgelei wees; nie net om onderwysers vir aanstelling aan te beveel nie, maar om daadwerklik ‘n betekenisvolle aandeel te hê in die bestuur van skole.
Ek herhaal dikwels - die gemeenskap se aandeel moet verseker word deur die stigting van onderwysforums in al die streke. Daar is streke waar hierdie baie belangrike instansie nie bestaan nie en die gemeenskappe van uiters belangrike inspraak beroof word; dit terwyl die daarstel van hierdie forums 'n wetlike plig is.
Voor later vanjaar se internasionale onderwyskonferensie moet deelnemers deeglik besin wat op die agenda sal wees. Deelnemers moet werklik besin oor wat in ons streke en skole aangaan; toerekeningsvatbaarheid moet geëis word. Ons kan nie meer op vermoedens en aannames staatmaak nie.
Van kwaliteit onderwys blyk daar op hierdie stadium bra min te wees. Ek sluit af met die pragtige gediggie van Edward Kofi Louis:
Education in peace brings peace,
Education in love brings love,
Education in care brings care,
But education in war brings war to all mankind.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie