Onderwys – Leerlingafwesigheid: Regs- en bestuursaspekte
Ná die bekendmaking van die eksterne eksamenuitslae, het die beskuldigings en verontskuldigings heen en weer gevlieg. Wat my opval, is dat kommentaar gelewer is sonder om dit behoorlik binne die konteks van die onderwysreg te plaas. Die minister en haar amptenare is gewys op hul verpligtinge wat hulle glo nie nakom nie, sonder om na korresponderende regte te wys. Die minister het beweer dat onderwysers nie hul verpligtinge behoorlik nakom nie. sonder om melding te maak van hul regte. Die unie het natuurlik vir hul lede in die bresse getree. Hierdie gebreke in sulke gesprekke tussen die hoofrolspelers lei tot ’n skeefgetrekte situasie wat weinig doen om ons uit ons huidige dilemma te red.
Dit bring my by die vraag of formele onderwysopleiding en indiensopleidingsprogramme genoeg tyd en ruimte skep om voldoende aandag aan die onderwysreg te skenk. Net soos enige ander sektor van ons openbare lewe is die onderwys ook geanker in regsbeginsels. Die Namibiese Grondwet wat onderwys vir almal waarborg, kan seker as die vertrekpunt van die Namibiese onderwysreg beskou word. Verder het ons die onderwyswet en onderwysregulasies wat die toepaslike bepalings in die Grondwet verder belig. Ander vorme soos die arbeidsreg sowel as regspraak, is ook van belang vir die onderwysreg. Maar, kom ons wees prakties en ons kyk na leerlingafwesigheid aan die hand van bepaalde aspekte van die onderwysreg en skoolbestuur. Mens kry die indruk dat leerlingafwesigheid nog altyd beskou is as ’n ‘terloopsheid’ en skoolprobleem wat vinnig afgehandel moet word. Afwesigheid word aangeteken in die register, ’n straf word opgelê of die leerling word daaroor aangespreek en soms word die ouers in kennis gestel of ingeroep. Leerlingafwesigheid beïnvloed leerlingprestasie en die langtermynsukses van leerlinge uiters negatief. Chroniese en langtermynafwesigheid is ook een van die direkte oorsake van vroeë skoolverlating. Duidelik word die verskynsel nie behoorlik gehanteer nie.
Susan Coetzee en Rienie Venter (2016) se navorsing oor leerlingafwesigheid en die Suid-Afrikaanse reg, wys juis hierop.
Die oorsake van leerlingafwesigheid is veelsydig; die leerling is nie altyd die alleenbesluitnemer oor sy afwesigheid nie.
Vir baie leerlinge is skoolgaan nie lekker nie; swak skoolbeleid, power klaskamerbestuur, omstandighede tuis en skoolboelies, is maar van die talle oorsake vir afwesigheid. En, veelsydige oorsake benodig juis ’n veelsydige benadering om die verskynsel te takel. Die navorsers is ten gunste van ’n ekosistemiese benadering, juis omdat die oorsake veelsydig is.
Eerstens sal dit die skool dwing om te onderskei tussen nou-en-dan-, chroniese en langdurige afwesigheid. Tweedens sal die skool erkenning moet gee aan die regs-, maatskaplike en bestuursaspekte. Derdens sal aandag gegee moet word aan die individuele kenmerke van ’n leerling, soos onder andere ouderdom, geslag, moontlike gestremdheid en sosioëkonomiese agtergrond. Watter besluit dieskool in elke individuele geval gaan neem en hoe die verskynsel bestuur gaan word, gaan afhang van hoe die skool die samespel tussen bovermelde faktore gaan verstaan. En, al die relevante inligting is te vinde in die skoolregisters en ander ter saaklike dokumente. En, ek is nog altyd daarvan oortuig dat ons swak prestasies in die eerste plek voor die deur van afwesigheid deur leerlinge, onderwysers en amptenary gelê kan word.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie