No Image Caption

Onderwys – Lyfstraf

Lyfstraf in ons skole is soos die spook van my geboortedorp, Uniondale, dit wil net nie gaan lê nie.

Selfs sommige hedendaagse onderwysers wat deel is van die sg. “born frees” glo dat lyfstraf die oplossing vir balhoriges in ons skole is. Maar, hoe lyk dit elders? In die VSA word die lat nog al te lekker geswaai in staatskole in die deelstate Alabama, Arkansas, Georgia, Louisiana, Mississippi, Oklahoma, Tennessee en Texas. Lyfstraf is nou die ander dag (2023) in Idaho eers verbied.

Lyfstraf is in alle staatskole in die Verenigde Koninkryk in 1986 verbied en teen 2003 in alle privaat skole. Dis ná die Russiese rewolusie in hierdie land verbied. Lyfstraf word nog in die meeste skole in Afrika toegelaat.

In ons breë samelewing is daar heelwat denkrigtings oor lyfstraf, veral uit die omgewings van die verskillende godsdienste. Die Christene wend hulle veral na verse uit die Ou Testament (OT), veral na Spreuke, wat sê dat die ouer wie nie sy seun straf nie, hom nie lief het nie en dat ’n pak slae die onderverstandige jongeling op sy plek hou. Maar, Christene in hul oorywerigheid om hul punt te bewys, vergeet wat Christus sê oor straf (Matheus 5: 38-48). Oortredings moet met liefde ontmoet word, dat straf altyd in verhouding met die oortreding moet wees en dat dit nooit oorhaastig toegepas moet word nie.

Moslem-kenners van die Islam en die Koran verkondig dat die hervorming van ’n kind nie deur lyfstraf bepaal word nie; dit verbeter nie ’n mens se gedrag nie.

Een kenner is van mening dat lyfstraf slegs swak, nikswerd, hardkoppige en bedrieglike mense kweek. En ’n ander waarsku; diegene wat lief is om die roede te gebruik moet weet dat Allah (God) daai einste vurige roede teen hom of haar sal gebruik.

Een Moslem-geleerde glo in tydelike isolasie/uitsluiting met dien verstande dat dit slegs vir kort periodes gebruik word. Lesers moet nou nie hierdie gematigde kenners van die Islam verwar met ekstremiste soos in Afghanistan, Irak en Iran nie. Hoewel geweld nog heelwat in Indië voorkom, is Hindoeïsme nie ’n voorstander van lyfstraf nie en dit word geheel en al verwerp deur die Bhoeddiste.

Ek wil glo dat ons onderwysers bekend is met die verskillende vorme van wangedrag soos vervat in die General Rules of Conduct wat per regeringskennisgewing in 2023 vrygestel is. Maar, hoe ons teenoor die oortreder optree is belangriker. Straf moet gelyktydig dien as vergelding en afskrikmiddel; die oortreder mag nie eenvoudig met “a slap on the wrist” wegstap nie.

Een van die lesers is van mening dat isolasie/uitsluiting ’n goeie strategie is om balhorige leerders vas te vat (lees weer eens die Moslem-geleerde se aanbeveling hierbo). Sy vrou, wat ’n wiskunde-onderwyser was, het dit met goeie welslae gebruik. Hy argumenteer dat die mens ’n “kudde dier” is en nie uit die trop verwyder wil word nie. Maar hy gaan verder en sê dat die skoolbestuur hierdie strategie ten volle moet ondersteun.

Ernstige gesprekke met die leerder deur die skoolhoof of departementshoof moet die proses afrond. (Lees ook weer die algemene reëls soos in die regeringskoerant afgekondig word).

Laastens is dit belangrik dat die onderwysers en skoolbestuur straf verstaan en goed ingelig is hoe om met oortreders te handel in gevalle wat in die kennisgewing genoem word. Maar, dit is belangriker dat skoolreëls deur skoolbesture, skoolrade, onderwysfora en onderwysstreekkantore gereeld hersien word.

En aan die ongelowiges, onthou wat Ellen Key gesê het, “Corporal punishment is as humiliating for him who gives it as for him who receives it; it is ineffective besides. Neither shame nor physical pain have any other effect than a hardening one”.

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!