No Image Caption

Onderwys – Onderrigleiding

Ek het ’n sterk vermoede dat skoolhoofde wat die begrip en praktyk van onderrigleierskap (instructional leadership) ken en verstaan, die prestasie van hulle skole opwaarts kan dwing.

My suspisie is ook dat indiensopleidingsprogramme te min ruimte laat vir hierdie belangrike aspek van onderwysbestuur. Dit moet egter onthou word, voordat ons te opgewonde raak oor onderrigleiding, dat ’n skoolhoof se dagtaak gevul word met ’n verskeidenheid van take.

Martin en Willower (2006) rapporteer in “The managerial behavior of high school principals in die Educational Administration Quarterly, 17 (1) 69-90” dat ’n skoolhoof ongeveer 149 take per dag het om aan aandag te gee. Deur te delegeer kan die skoolhoof egter “ekstra tyd skep” om aan onderrigleiding te bestee. Skoolhoofde wat ’n hoë premie plaas op onderrigleierskap sal ’n groot deel van hul tyd aan onderrig en leer bestee.

Ek het per toeval op ’n stukkie navorsing getiteld “Instructional Supervisory Practices in Zimbabwean Schools (2013)” deur Tichaona Mapolisa afgekom. Altesaam 176 skoolhoofde en 572 onderwysers is by die opname betrek. Onder die skoolhoofde was 56% mans terwyl hulle 45% van die onderwysers uitgemaak het.

Altesaam 97% van die skoolhoofde was ouer as 35 jaar terwyl 82% van die onderwysers jonger as 41 jaar was. Die meeste van die deelnemers in beide groepe het hul onderwyskwalifikasie op die gewone vlak (ordinary level) verwerf. ’n Klein groepie het oor ’n meestersgraad beskik.

Sommige skoolhoofde het aangedui dat hulle weet van die beskikbare modelle vir onderrigleiding, maar kon nie veel daaroor sê nie.

En, alhoewel die skoolhoofde veel te sê gehad het oor kliniese toesighouding, was dit ook duidelik dat hulle dit nie toegepas het nie. Skoolhoofde doen wel klasbesoeke, maar die onderwysers het duidelik laat blyk dat hulle nie veel daarby baat nie. Die bevindings (van die besoeke) is nie agterna met hulle bespreek nie en hulle het geen riglyne ter verbetering ontvang nie asook geen bystand nie. Klasbesoeke, volgens 89% van die onderwysers, was meer daarop gemik om foute en gebreke uit te lig; die bron van ontevredenheid onder die onderwysers. Hulle voel dat onderwysers niks anders as werknemers is wie se taak dit is om kinders te onderrig volgens voorgeskrewe metodes.

Eie inisiatief en kreatiwiteit is ook hierdeur onderdruk. Klasbesoeke en besprekings met onderwysers word ook gereeld onderbreek wat die hele evaluerings- en mentorsituasie negatief beïnvloed. Onderwysers word slegs gesien as junior vennote in die groot bestuursopset; dit word van almal verwag om volgens die musiekkeuse van die skoolhoof te dans. Die studie het ook aangedui die atmosfeer by hierdie skole is neerdrukkend en negatief en geensins ondersteunend nie.

Ons ken hierdie scenario te goed en ek is oortuig daarvan dat dit die kernoorsaak is vir die power prestasies by talle skole. Jare gelede het die skool waar ek hoof was, ’n besoek van die kringinspekteur en vakkundiges gekry. Een van die onderwysers het aan epilepsie gely waarvoor hy medikasie moes neem. Dit het hom gewoonlik lomerig gemaak en hy het “dooierig” in die klas voorgekom. Ek het dit met die inspekteur bespreek en hom gevra om dit in ag te neem in sy evaluering. Ek weet nie of hy van ons gesprek vergeet het nie, maar dit is nêrens in sy verslag genoem nie. Die betrokke onderwyser het ’n swak verslag gekry. Ek het geprotesteer, maar daarvan het ook dadels gekom.

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-09-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Katima Mulilo: 18° | 38° Rundu: 15° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 14° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 11° | 31° Henties Bay: 9° | 15° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 11° | 12° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 17° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 9° | 30° Mariental: 9° | 27° Keetmanshoop: 8° | 23° Aranos: 8° | 29° Lüderitz: 9° | 29° Ariamsvlei: 6° | 22° Oranjemund: 9° | 26° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 9° | 15° Maseru: 2° | 22° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 16° | 22° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 10° | 18° Durban: 13° | 15° Johannesburg: 14° | 27° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007 Sport results: Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Weather: Katima Mulilo: 18° | 38° Rundu: 15° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 14° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 11° | 31° Henties Bay: 9° | 15° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 11° | 12° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 17° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 9° | 30° Mariental: 9° | 27° Keetmanshoop: 8° | 23° Aranos: 8° | 29° Lüderitz: 9° | 29° Ariamsvlei: 6° | 22° Oranjemund: 9° | 26° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 9° | 15° Maseru: 2° | 22° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 16° | 22° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 10° | 18° Durban: 13° | 15° Johannesburg: 14° | 27° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007