Onderwys – Onderwys en belangegroepe
Die onderwyslandskap is nie staties nie; dit is elasties en reageer op omgewingsveranderinge. So sal kurrikula en handboeke periodiek gewysig word soos die omgewing waarbinne dit werksaam is, verander. Ons kan ons maar net herinner aan die aanwending van rekenaars in ons skole; die antwoord op die gedurige verandering van inligting- en tegnologiestelsels. Dit moet so wees anders sal ons stagneer en in vergetelheid verdwyn.
Toe ek die pos van prinsipaal in 1983 in Karasburg aanvaar het, was dؙít wat die skool uit eie fondse moes bekom, maar min. Skryfbehoeftes, handboeke, skoonmaakmiddels en toiletpapier was voldoende. Verder was die biblioteek, laboratoria en werkswinkels (houtwerk, naaldwerk en huishoudkunde) deeglik uitgerus.
Met my aanstelling by een van die Keetmanshoopse hoërskole was die stand van sake nog onveranderd. Die skoolfonds wat deur die ouers onderhou is, het gesorg vir uitgawes verbonde aan sport en dies meer. Die skoolfonds was ook aangevul met inkomste uit skoolkonserte, lootjies, verkope en dies meer. In die lig hiervan was daar baie min druk op eksterne belangegroepe om geldelike bydraes tot skole te maak. Maar, nou moet mens onthou dat dit nie met al die onderwysadministrasies so goed gegaan het nie. As gevolg van diskriminerende praktyke wat ten hemele geskreeu het, het dit beroerd met baie skole gegaan.
Maar, die oopstel van die onderwysstelsel ná 1989, het ’n geweldige groei tot gevolg gehad. Baie meer leerlinge is tot skole toegelaat wat weer die vraag na onderwysers, fisiese fasiliteite, uitrusting en ander dienste die hoogtes laat inskiet het.
Tweedens, die beskikbare fondse soos goedgekeur deur die parlement word ook nie meer verdeel tussen bevolkingsgroepe nie. Die gevolg is dat die onderwyssektor met krimpende begrotings moet klaarkom. Skole word nou verplig om al hoe meer na belangegroepe (stakeholders) te kyk vir items wat vroeër deur die staat voorsien is.
Daar is ’n paar realiteite wat mens egter in ag moet neem. In die eerste plek moet skoolbesture onthou dat belangegroepe betrek word met een doel voor oë en dit is die bevordering van gehalte-onderwys.
Tweedens die realisering van die betrokkenheid deur belangegroepe kan net moontlik wees waar skoolstelsels gedesentraliseerd of oop is. Dit geld veral waar daar ’n kritieke behoefte aan vaardighede en kennis is. Om vir afgetredenes te sê, “hulle het hul tyd gehad en moet nou rus” is absoluut twak.
Derdens moet belangegroepe geïdentifiseer word en hul betrokkenheid en graad van welwillendheid moet nagevors word. Sommige besighede is eerder gewillig om skenkings aan sportliggame te doen, as aan skole, al is hulle op ’n gereelde grondslag besig met sodanige skole. Ek onthou so ’n besigheid wat ’n klompie jaar gelede bereid was om ’n donasie van N$50 000 aan ’n privaat skool te maak en in dieselfde tyd slegs N$500 aan ’n staatskool. Skole moenie tyd mors met instansies wat afhanklik is van die gemeenskap en nie bereid is om terug te ploeg nie. Deur die belangegroepe deeglik te identifiseer sal die skole ook weet wat om van wie te verwag; dit sal ook geld wanneer skole ’n behoefte aan vaardigheid en kennis het.
Vierdens moet belangegroepe bestuur word. Die skool moet oor ’n klompie gewillige en entoesiastiese onderwysers beskik wat verantwoordelik is vir onderhandelinge en volgehoue kommunikasie met belangegroepe.
Vyfdens moet versoeke om steun aan belangegroepe, vergesel word met ’n goed geskrewe projekvoorstel. En les bes, die bestuur van belangegroepe moet deel wees van die skool se strategiese beplanning. En, as die skool nie oor iemand beskik wat die leiding hier kan neem nie, moet hulle iemand van buite met die nodige vaardighede kry.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie