Onderwys – Onderwys en betrokkenheid
Baie mense en instansies word vasgevang in middelmatigheid en lae prestasie. Staatsdepartemente word baie maklik die prooi van middelmatigheid en swak dienslewering.
In ons buurland word dit seker die beste geïllustreer deur instansies wat verantwoordelik is vir die instandhouding van paaie, waterinstellasies en elektrisiteit. Arthur Doyle het opgemerk: “Mediocrity knows nothing higher than itself. . .”
Gedagtig hieraan het die verbetering van die matriekuitslae van die Limpopo-provinsie my aandag gevang. Limpopo lê in die noordooste van ons buurland en het ’n bevolking van 6,6 miljoen waarvan die meeste mense landelik is.
Die provinsie beskik oor 4 015 staatskole, ’n leerlingpopulasie van 1,4 miljoen met 44 317 onderwysers. Die provinsie word al vir jare gekonfronteer met uitdagings waarmee histories minderbevoorregte gemeenskappe sukkel. Te min klaskamers en onvoldoende en onveilige ablusiegeriewe; in baie areas is leerlinge te bang om die toilet te besoek weens slange en ander kruipende gediertes.
Skoolfasiliteite in Limpopo word veral gedurende die reënseisoen en stormweer beskadig en die onderwysdepartement neem sy tyd om die herstelwerk te doen. Verder ervaar die provinsie gedurig ’n tekort aan onderwysers; die vakante betrekkingskoers is van die hoogste in die land. Al hierdie probleme word vererger deur handboektekorte, skoolboelies en swak klaskamer- en leerlingbestuur. Die probleme wat gepaard gaan met die wisseling van skoolhoofde en onderwysers is vir jare ’n kopseer in die provinsie.
Die meer geld wat jaarliks aan onderwys toegeken is, het nie juis vrugte afgewerp nie; die matriekuitslae was vir jare die swakste in die land. Dan was daar boonop ook jaarliks probleme met die hantering van eksamens, eksamenvraestelle en die uitslae; bewerings van onreëlmatighede en korrupsie het al die lig gesien. Dit is die verhaal van Limpopo; korrupsie en swak bestuur. Dit is egter nie my fokus met hierdie week se aflewering nie.
Die matriekuitslae van 2023 skets egter ’n meer positiewe prentjie van onderwys in die provinsie. Die slaagpersentasie het opgeskiet na 79,5%, ’n verbetering van 7,4% op 2022. Die provinsie is nou sewende op die nasionale prestasieranglys.
Wat het hulle gedoen om die ommekeer te bewerkstellig? Skoolhoofde is bewus gemaak van hul aanspreeklikheid en hulle verantwoordelikheid as onderrigleiers. Amptenare het meer besoeke aan skole gebring en ’n elektroniese stelsel is geïnstalleer om leerlingprestasies te monitor. Studiekampe en bykomende klasse is vir matrikulante gereël waar lede van die uitvoerende komitee van die provinsie ook ’n bydrae gelewer het. Maar belangrik, groter klem is gelê op samewerking met belangegroepe. Die samewerking van tradisionele leiers is bekom en elke koningshuis het ’n “education desk” gevestig van waar onderwys gesteun word.
Finansiële hulp is deur die Limpopo Trust en ander onderwysstigtings verleen aan behoeftige leerlinge. Lede van die uitvoerende komitee van die provinsie is as beskermhere aangewys; vanuit hierdie posisie kon hulle toesig hou oor skole.
Die departement van vervoer het fietse aan sommige leerlinge voorsien sodat hulle gereed en betyds by die skool kon opdaag. Die verskillende kerkdenominasies het ingespring en professioneel opgeleide lidmate het naweke bykomende lesse in kerkgeboue aangebied en die besighede het nie agterweë gebly nie. Maar alles het gewerk en suksesvol verloop omdat die deure vir betrokkenheid geopen is; instansies en mense is genooi om betrokke te raak. Tot die premier van die provinsie het ingespring!
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie