Onderwys – Onderwys en Covid-19-skade
Gedurende sy ampstermyn het Ronald Reagan, toe president van die VSA, sy sekretaris (minister) van onderwys beopdrag om ’n ondersoek na die kwaliteit van onderwys in die land te loods. Vermoedens het bestaan dat die stelsel besig was om die leerders en die VSA te faal. So is die National Commission on Excellence in Education deur sekretaris TH Bell in die lewe geroep om hierdie taak uit te voer. Die kommissie het sy verslag, “Nation at Risk”, in 1983 aan Bell voorgelê. Die kommissie was besorg oor dalende toetstellings, toenemende funksionele ongeletterdheid onder die volk, twyfelagtige onderwysstandaarde en onderwyseropleiding. Die kommisie het ook gevind daar was geen relasie tussen salarisse en prestasies van die leerders nie. Die gevolgtrekking, “. . . the entire nation was at risk of falling apart because our education system was subpar”.
Die kommissie het aanbeveel dat die moeilikheidsvlakke van bestaande standaarde en kurrikula verhoog word en onderwyseropleiding opgegradeer moet word. Verder was die kommissie van mening ’n onderwyser se salarispakket moet in verband gebring word met sy of haar leerlinge se prestasies.
Dit bring my by die vraag of die Namibiese nasie in gevaar is weens ’n onderpresterende onderwysstelsel? Hierdie koerant plaas gereeld briewe en SMS-boodskappe waarin die outeurs beweer ons stelsel is swak of “êrens in ’n moeras”. Sommige sê reguit ons is in ’n krisis en deel sommer links en regs skuld uit.
Ander kommentare is eenvoudig verdoemend. My probleem met dié kritiek is dat dit in die meeste gevalle ongemotiveerd en sonder toepaslike inligting en data is. Ons is nog nie in ’n krisis nie, maar ons is nie juis op ’n benydenswaardige plek nie. Leerders vorder nog te stadig deur die stelsel en ons voltooingskoers bly laag. Te veel leerlinge val voortydig uit die skool en tienerswangerskappe bly hoog. Die ander gebreke soos onvoldoende onderrig- en leermateriaal, gebrek aan koshuisgeriewe, klaskamers, biblioteke en laboratoria, asook aan toepaslik opgeleide onderwysers, bly maar knaend.
Verder het Covid-19 ons skoolstelsel en die land baie seergemaak en die pandemie het ons nog nie verlaat nie. Om kontak met persone verbonde aan ’n skool tot die absolute minimum te beperk, is onderrigtyd ingeperk. Skole kon kies tussen die alternatiewe-skooldae model en die pelotonstelsel.
Die oorgrote meerderheid het die alternatiewe skooldae verkies en geïmplementeer. Dit het natuurlik ’n reusevermindering van amptelike onderrig- en leertyd beteken. Dit beteken daar is gapings in leerders se vaardigheids- en kennismondering, weens die verlies aan onderrigtyd. Dit beteken ook dat die meeste leerders wat tot die volgende grade gepromoveer is – sedert 2019 – nie deeglik daarvoor voorbereid was nie. Graad 11- en 12-suksesvolles is losgelaat op universiteite en die werkplekke.
In ons buurland is gerapporteer ’n substantiewe aantal tienermeisies het swanger gedurende die Covid-19-periode geraak. Ek is nie seker of ons dié statistieke beskikbaar het nie.
Die VSA is wel ’n eerstewêreldland en die grootste ekonomie, maar daar is baie om van hulle in die opsig te leer. Miskien is dit tyd dat ons ministerie hand in eie boesem steek en ’n projek loods om die werklike Covid-skade te bepaal. En, baie belangrik, hoe ons kan regmaak en verdere skade beperk binne die temas van inklusiwiteit en transformasie.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie