Onderwys – Onderwys en rolmodelle
Onderwysers, net soos ander praktisyns en ander gewone mense het ’n behoefte aan rolmodelle.
Ons wil graag in die spore van “groot skoene” stap. Dit is die skoene van mense waarna opgesien word; hulle is geliefd, gerespekteerd, beginselvas, netjies, voorbeeldig en hardwerkende mense wat ’n reuse-impak op die lewens van ander maak. Die voorhou van modelle in opleidingskurrikula is ook nie vreemd vir ons nie. In die dae van die onderwyskolleges is Jesus as Onderwyser juis as so ’n model in een module voorgehou. Dit is die sosioloog Robert K. Merton wat die term rolmodel vir die eerste keer binne die konteks van die sosiologie gebruik het. Die paaie van rolmodelle is beproefde paaie en gee ons ’n gevoel van sekerheid en veiligheid. In 2019 het ek geskryf oor Mandy Manning wat in die VSA aangewys is as onderwyser van die jaar in 2018. Mandy is, ek aanvaar sy leef nog, so ’n persoon.
Die onderwyser van die jaar in die VSA vir 2022, is Kurt Russel; nie te verwar met die akteur Kurt Russel nie. Russel is ’n geskiedenis-onderwyser verbonde aan die Oberlin Hoërskool in die deelstaat, Ohio. Hy is lid van die Ohio Education Association, leieronderwyser by sy skool, adviseur vir die Black Student Union en hoofafrigter van ’n naburige universiteit se basketbalspan. Hy is aangewys as die onderwyser van die jaar in die VSA uit ’n kortlys van vier. Die president oorhandig hierdie gesogte prys in die tuin van die Withuis in Washington.
Nou, wat het die beoordelaars beweeg om hom aan te wys? Die evalueringskomitee was duidelik deur Russel “uitgeboul”. Hulle vind hom ’n aangename, warm en eerlike persoon wat leerlinge tuis in sy klasse laat voel. Sy benadering is inklusief; geen leerling, ongeag agtergrond, ras of vaardigheid word weggelaat nie. In sy geskiedenislesse verloor hy nooit die werklikhede van kulturele relevansie en diversiteit nie. Natuurlik is sy voorbereiding, opvolg en nasien puik.
Wat sê sy leerlinge van hom? Hulle beskryf hom as ’n gemeenskapsmens, ’n ongelooflike onderwyser wat die beste vir sy leerlinge wil hê. In die klas bevorder hy betrokkenheid en die uitruil van idees. Hy lê werklike ervarings bloot en sy lewendigheid dwing leerlinge om aandag te gee en op hom te fokus. Sy modus operandi dwing leerling om die ongemaklike en onaangename te konfronteer. Hy gebruik elke minuut van elke periode en wil net die beste vir elke leerling doen.
Het Russel ’n rolmodel gehad? Russel het sy loopbaan gemodelleer op die van ’n swart onderwyser, genaamd Larry Thomas. Thomas het sy leerlinge eerste gestel, altyd netjies geklee, uiters professioneel en gerespekteer en waardeer in sy skool en breë gemeenskap. Russel was verder ook geweldig geïnspireer deur die optredes en verhale van Jesus Christus voor groot skares soos die Nuwe Testament vertel. Jesus het moeilike en soms onbekende begrippe deur middel van gelykenisse aan sy volgelinge verduidelik. Hierin was hy baie suksesvol!
By die oorhandigingseremonie het die mooiste woorde en onmeetbare dankbaarheid van Jill Biden gekom. “What makes your work so special is you: the love and the joy that you bring to it. The empathy and the understanding. The sheer power of your presence. You do this work because it’s part of who you are. You have a calling.”
Nou die groot vraag: Het ons, met ons talentvolle onderwysers en afgetredenes nodig om met skole te sit wat weier om na uitnemendheid te streef? My pleidooi is, maak deeglik gebruik van hierdie bronne.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie