Onderwys – Onderwysbeleid, globalisering en inklusiwiteit
Godfrey Kleinhans – Wêreldleiers soek nou al lank na die volmaakte ge-globaliseerde wêreld; ’n opset wat interafhanklikheid van wêreld-ekonomieë en kulture voortdurend genereer en vernuwe. So word forums geskep vir die suksesvolle en vreedsame hantering van internasionale probleme. Regerings word aangemoedig om ekonomiese, gesondheids- en buitelandse beleide te ontwikkel wat in pas is met internasionale tendense. Covid-19, die huidige Russies-Oekraïne-oorlog en ander konflikte elders in die wêreld onderstreep die noodsaaklikheid van sodanige interafhanklikheid.
Kunstenaars, outeurs en digters plaas al lank die soeklig op ’n wêreld vry van pandemies, armoede, ongelykhede en konflikte. Die liedjie “Imagine” van John Lennon, is seker die bekendste van sulke produksies. Die skrywer en sanger van die liedjie droom van eenheid en ’n vreedsame naasbestaan. Die liedjie het groot aanhang geniet maar ook verguis vanuit ’n religieuse perspektief. Die apartheidsregime in ons buurland het dit, as gevolg van die pleidooi vir eenheid en vreedsame naasbestaan, verbied. Ander kunstenaars met liedjies met dieselfde strekking is Louis Armstrong (What a wonderful world), Bob Marley (One love), Artist of Haiti (We are the world) en die Rascals (People got to be free).
Inklusiwiteitspogings in die onderwys word telkens ontspoor deur pandemies, nasionale onstabiliteit, gedwonge verskuiwing van mense, diskriminasie teen LBGTQ-gemeenskappe, geweld teen vroue en kinders en religieuse verskille. Dit impakteer in ’n toelatingskoers van 45% in die lae-inkomstelande teenoor een van 91% in die hoë-inkomstelande. Godsdiens is een rede waarom meisies in baie lande uit sekondêre skole uitgesluit word, terwyl die voltooingskoers in baie lae-inkomstelande uiters laag is.
Selfs op skoolterreine is daar omstandighede wat nie juis bevorderlik vir inklusiwiteit is nie. Die Namibiese onderwyswet maak dit moontlik vir swanger tienermeisies om skool by te woon tot kort voor bevalling, maar onvriendelike skoolomgewings en blootstelling aan negatiewe kommentare maak dit nie altyd moontlik nie. Arm leerlinge sit honger in klaskamers met min vooruitsigte op ’n middag- of aandmaal. Baie leerlinge moet ver afstande stap om by die skool te kom of kinder-huishoudings stig. Hierdie lysie word aangevul met boelie, diskriminasie teen gay leerlinge, seksuele teistering, ondoeltreffende en onbetrokke onderwysers. En na al hierdie jare het ons nog steeds skole sonder behoorlike ablusiegeriewe. Uitsluiting is ’n daaglikse verskynsel.
Waar begin ons met transformasie? Nog ’n beter beginpunt as die databasis van die ministerie van onderwys, is die skool. Een van my dosente het gesê die skool is die plek waar jy meer oor onderwysbeleid te wete kan kom. Hier sal ons inligting kry oor leerling- en onderwyserafwesigheid, insidente van teistering, evalueringsverslae van onderwysers, buite-kurrikulêre aktiwiteite van leerlinge en onderwysers, sosioëkonomiese inligting oor leerlinge, toestand van die fisiese geriewe, gebrekkige handboekvoorsiening, swak skoolbestuurders en die opinies van lede van die skoolgemeenskappe. Gewapen met dié data kan met die transformasie van beleide en voorskrifte begin word.
(Ek dra hierdie rubriek op aan ’n geliefde onderwyseres van die Suiderlig Hoërskool, Aloysia (Lucy) Williams wat verlede Saterdag te ruste gelê is. Ons sal jou mis, Lucy.)
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie