Onderwys – Onderwysvoorsiening
Sedert die heropening van die skole het inligting oor tekorte en gebreke by skole ingestroom.
Talle leerlinge sit in oorvol klaskamers wat bestaan uit tradisionele materiaal wat deur gemeenskappe opgerig is. Verder is gevind, veral in die noorde van die land, dat tot 57 leerlinge in ’n klaskamer gehuisves word. Talle skole is sonder ablusiegeriewe met onvoldoende of geen administratiewe fasiliteite. Vir kinders, veral in die landelike gebiede wat nie binne reikafstand van skole woon nie, is die gebrek aan koshuise ’n groot probleem. Hulle moet die afstande elke dag aflê of ander planne bedink. Sommige kamp sommer op die skoolgronde en ander stig kindergesinne. ’n Ander probleem wat ’n parlementêre komitee nou onlangs uitgewys het, is dat regeringstoelaes wat vir gemeenskapskoshuise bedoel is, nie altyd tot voordeel van die kinders aangewend word nie. Die situasie lyk nie goed nie, maar kom ons kyk na die vordering wat oor die jare gemaak is.
Kort ná onafhanklikwording en die stigting van die ministerie van onderwys was die ongelykhede baie ontstellend. Die statistiek van 1992 het soos volg gelyk; die paar privaat skole van daai tyd is ingesluit.
Skole Leerlinge Onderwysers Ratio
1 325 439 325 15 257 28:1
In dieselfde jaar was daar 12 828 klaskamers waarvan 20,79% deur die gemeenskappe opgerig is. Hierdie klaskamers is gebou met tradisionele materiaal, in die meeste gevalle sonder behoorlike vloerbedekking en plafonne. Natuurlik baie koud in die winter en baie warm in die somer. By talle skole, veral in die noorde van die land, moes onderwysers en leerlinge sonder ablusiegeriewe klaarkom; die bossies was die enigste “gerief”.
Slegs 42,5% van skole het ablusiegeriewe vir leerlinge gehad en 41,05% vir onderwysers. Die meeste van die skole was ook sonder gepypte water en elektrisiteit. Hoe het die situasie in 2020 gelyk?
Na die aanname van die Grondwet en stigting van die ministerie het die onderwysbehoeftes geweldig toegeneem. Volgens 2019 se statistiek het die aantal skole met 30,04% toegeneem, die leerlinge met 42% en die onderwysers met 50,9%.
Die gebrek aan ablusiegeriewe vir leerlinge het nou gekrimp tot 12,8% en die vir onderwysers tot 22,2% en skole sonder water tot 10,6%.
Die gedurige gekla dat die ministerie niks doen nie is absoluut twak en sonder enige gronde. Dit is ook waar dat die ministerie diep in sy geldkaste moes delf om dit te kan doen. Dan moet ’n mens onthou dat die nodige fondse om al hierdie verbeteringe te weeg te bring, deur die parlement goedgekeur moet word.
Dit is duidelik, soos in die eerste paragraaf aangedui, dat daar nog baie behoeftes is, veral in die landelike gebiede. Onderrig in tradisionele klaskamers is nie ideaal nie, ’n gebrek aan ablusiegeriewe is nie bevorderlik vir die waardigheid en gesondheid van die leerlinge en onderwysers nie en die gebrek aan koshuise sal tot allerhande maatskaplike euwels lei. En dit wil vir my voorkom asof die straatkinders se getalle stadig maar seker groei.
Die waarborge van die Grondwet is steeds in plek terwyl billikheid (equity) nogal altyd een van die rigtinggewende sterre van die ministerie is. Die staat bly verbind aan sy grondwetlike beloftes en sal geregtigheid aan almal moet laat geskied.
Die kind in Nkurenkuru is niks minder as die Windhoekse kind nie. Die Stellenbosche teoloog, prof. Nico Koopman, het dit baie treffend op Facebook gestel:”Fairness (equity) takes us home to justice.”
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie