Onderwys - Ons moet dié vlieër weer in die lug kry
‘n Vriendin vertel my die ander dag van die mooi vlieërs (kites) wat haar pa vir haar broer gemaak het. Die materiaal is alles in die winkel gekoop en die vlieërs is afgerond met veelkleurige sketse.
Dit het my teruggeneem na my kinderjare in die laat vyftigs en vroeg sestigs. Vlieërs was veral populêr gedurende die windmaande, maar ons moes die moue oprol en dit self maak. Geld vir materiaal koop was daar nie.
Die vertikale en horisontale latte was van riete wat in die omgewing gegroei het. Koerantpapier is gebruik en die sye is met pendorings geheg. Die lyn (tou) is van lemoensakkies gekry wat losgetorring is. Ou stukke lap is vir die stert gebruik.
Dit was nogal ‘n truuk om die gedoente stabiel in die lug te hou. Die stert moes nie te swaar gewees het nie en die balans tussen die vertikale en horisontale latte moes perfek wees. Mens moes jou sny en pas ken om dit reg te kry.
Min van ons het hierdie kennis en vaardigheid aan ons kinders oorgedra. Pa kan mos ‘n vlieër koop!
Hier by my lê drie skokvlieërs (stunt kites) wat ek lank gelede vir my seun gekoop het wat ek een van die dae in die lug wil kry.
Verbeel jou, op my ouderdom ... Maar dis lekker en verskaf darem ‘n bietjie oefening. Ek sien uit daarna.
Die gedagte aan die oordrag van vaardighede en kennis het my teruggeneem na die bloeitydperk van die gildes in die sestiende en sewentiende eeue in Europe.
Daar was twee soorte gildes. Die een was assosiasies van ambagsmanne wat dieselfde beroep beoefen het. Daar was dus gildes vir messelaars, skrynwerkers, hoedemakers, ens.
Die tweede klas was gildes gestig deur die handelaars en koopmanne.
Gildes was nie net ‘n bron van inkomste vir die gesinne en families nie, maar ook opleidingsinstellings. Dit het tot nasionale inkomste bygedra en handelsgildes het groot rykdom en invloed opgebou.
Hierdie praktyk van die oordrag van vaardighede en kundigheid het vir lank behoue gebly.
In die neëntigerjare het die Namibian Association of Norway (Namas) 'n Traditional Skills Project vir landelike skole in die //Kharasstreek in die lewe geroep. Die oogmerk was om plattelandse kinders toe te rus met tradisionele vaardighede en kennis wat nie deel van die amptelike kurrikulum was nie.
Onderwysers sowel as ouers is by die projek betrek. Daar is veral gefokus op ou tradisies en oordrag het geskied deur die vertel van stories. Ek is meegedeel dat die projek bygedra het tot dissipline en die (her)vestiging van ou en gesonde waardes.
Die projek het tragies op die rotse geloop toe die finansiële ondersteuning daarvoor uitgeloop het.
Ook ander projekte vir die oordrag van kennis en vaardighede het doodgeloop of rigting verloor nadat eksterne befondsing gestop het.
Ek was een van streeksadministrateurs vir die GTZ se onderwysprojek en na my aftrede was ek ook betrokke by ‘n projek oor landelike grondgebruik, wat bewoners van landelike gebiede in //Kharas sou help om ‘n goeie bestaan te maak. Ek hoor egter niks van implementering nie, en wonder of die finale verslag iewers lê en stof vergaar.
Later vanjaar se nasionale onderwyskonferensie sal administrateurs die geleentheid gun om hierdie foute uit die verlede te bespreek en reg te maak waar ons verbrou het. Miskien sal dit ons loon om sekere ou projekte en programme uit die kas te haal, af te stof en weer daarna te kyk.
Ons het minder verwyte nodig, minder onhaalbare ideale en baie beter beplanning vir ons werk. Nou is die tyd om ons eie foute en dwaashede in die gesig te staar en dit nie soos politici voor die ou apartheidsduiwel se voorstoep te lê nie.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie