Onderwys - Oor legendes, leiers en helde
Die geskiedenis het baie helde, legendes en leiers opgelewer.
Deur die eeue is hierdie mense se prestasies wyd geboekstaaf en tans is die filmbedryf 'n gesogte medium om lewe aan gebeure uit die verlede te gee.
Ons is geleer dat Jean Jacques Rousseau ‘n kampvegter vir kinders was, maar nooit dat hy sy eie vyf kinders in weeshuise geplaas het nie.
Individue wat in vreemde wêrelddele aangedoen het, word in die geskiedenisboeke as ontdekkers en volksplanters beskryf. Baie mans en vroue het hulle uit avontuurlustigheid of ekonomiese nood vergesel. Ander het hul vaderland verlaat om "heidene" in die sogenaamde “onbeskaafde” wêreld te kersten of hulle moes vanweë godsdiensvervolging vlug. En so is die wêreld buite Europa deur vreemdelinge beset.
Dit moes baie moed en oortuiging gekos het om jou geboorteland op klein skepies te verlaat en elders te gaan huis opsit. In die opsig is daar vir seker sprake van heldhaftigheid en moed.
Ek het egter ‘n probleem met hoe hierdie historiese gebeure op skool aan kinders vertel en verduidelik is, en steeds word. Resente historiese navorsing wys onteenseglik daarop dat Jan van Riebeeck ook ‘n donker kant gehad het. Ek het nie ‘n probleem daarmee datVan Riebeeck, Eva van Krotoa, Harry die Strandloper, Alfred Milner en Dingaan se stories vertel word nie, maar dan moet dit opreg en gebalanseerd gedoen word. Daar mag, veral nie vir kinders, gelieg word nie.
Ongebalanseerde verhale (met onwaarhede) oor die verlede kan die ontwikkeling van nasionalisme in ‘n verkeerde rigting stuur. Dan word die pilare van ‘n volk en nasie se voortbestaan niks anders as wanvoorstellings en leuens nie.
Max du Preez voorsien ons in sy boek Dwars van verskeie voorbeelde in die verband. Die dood van Freek Bezuidenhoud in 1813 en die teregstelling van sy vier seuns by Slagtersnek is maar een van die historiese verdraaiings.
Die Bezuidenhouds was ‘n rowwe spul met geen respek vir gesag nie, maar jare daarna tydens die onthulling van die Slagternek-monument, sê dr. DF Malan, ná die oorname deur die Nasionale Party: ”Deur Slagtersnek het ‘n vaderslandliefde in die harte van Afrikaners gegroei waarvan ons steeds die vrugte pluk.”
Hierteenoor is die dade van die kleurryke en invloedryke Coenraad Buys uit wie se lendene die “bruin” gemeenskap van Buysdorp gespruit, het eenvoudig dood geswyg.
Dieselfde gebeur vandag nog, selfs in sportgeskiedenis? Naas Botha word aan jong rugbyspelers voorgehou as ‘n legende en beste losskakel wat Suid-Afrika ooit geken het, maar prof. Julian Smith, voormalige vise-rektor van die Universiteit Stellenbosch sê die Kwaru-losskakel Peter Mkata sou Botha ore aansit. Die crux van die saak is nie of Botha ‘n goeie losskakel was nie; hy kon nie die beste gewees het in land waar jou velkleur en volksgroep ‘n toegangskaartjie tot die Springbok-span was nie.
In hedendaagse partypolitiek word die titel “leier” links en regs uitgedeel. Ek wonder hoeveel politici werklik op die titel kan aanspraak maak.
Die lys van mistastings, leuens en verdraaiings is oneindig.
Wie is die eintlike leiers en legendes?
My persoonlike helde is Braam Fischer en die menseregte-advokaat George Bizos. Hulle het ek deur geskrifte leer ken. Maar die helde en legendes wat ‘n groter impak op my gemaak het, is diegene wat my lewe in die meer onlangse verlede help skaaf en beitel het
Hulle is die personeel op Karasburg wat die koshuis en die skool ‘n bly- en leerplek vir kinders gemaak het. Hulle is die kok en haar personeel wat voor ses, winter en somer, by die koshuiskombuis opgedaag he. Hulle is die matrones en werkers wat die koshuis netjies en leefbaar gemaak het. Hulle is die werknemers wat nooit moed opgegee het nie en selde erkenning vir hul diens ontvang het nie.
Hulle weet dit nie, maar hulle het my geleer wat mens-wees beteken. Ek het dit miskien nooit vir hulle gesê nie, maar ek salueer hulle.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie