Onderwys – Optrede teen onprofessionele onderwysers
Wanneer ’n persoon in die demokratiese wêreld ’n misdaad pleeg en die saak in ’n hof beland, dan beland al die relevante inligting in die openbare domein.
Dit is in die gemeenskap se belang dat boosdoeners (voor en ná skuldigbevinding) deur die gemeenskap geïdentifiseer en geken word.
In Suid-Afrika het onderwysers wat hul skuldig gemaak het aan wangedrag, eenvoudig ná die dissiplinêre verhoor ’n betrekking in ’n ander provinsie gaan soek. Baie van hulle was suksesvol aangesien die inligting rakende die wandade nooit met die ander provinsies gedeel is nie.
Hierdie moontlikheid bestaan egter nie meer nie, as gevolg van die daarstel van ’n nasionale register van oortreders. ’n Skrywe in die Despatches, ’n nuusbrief in Propublica, het my hierheen teruggebring. Twee joernaliste, Lexi Churchill en Vianna Davila, het aangesluit by ’n groep wat wou vasstel wat met beweerde misdadigers in die weermag gebeur ná ’n wandaad gepleeg is. Die VSA het bykans die wêreld se grootste militêre mag met aktiewe personeel van bykans 1,4 miljoen en ’n reserwemag van om en by 800 000 lede. Hulle finale bevinding was dat misdade wat deur soldate gepleeg is, in baie gevalle ongestraf bly. Op aanvraag van rekords is hulle bloot meegedeel dat wetgewing op privaatheid dit nie toelaat nie. Hulle noem die geval van Faustina Valla wat van aanranding op sy vrou aangekla is. Hy het haar gewurg en ’n skoot op haar afgevuur toe sy probeer wegkom het. Die voorval is by die polisie aanhangig gemaak, maar die militêre owerhede het die saak uit hul hande geneem. Die dossier en alle rekords is ook aan hulle oorhandig. In plaas daarvan dat Vallo voor ’n krygshof gedaag is, is hy toegelaat om die mag te verlaat. Hierna het die aanklaer van die graafskap hom wel aangekla. Maar selfs hierna het niks gebeur nie.
Hierdie nuusbrief het my geïnspireer om weer na my vorige artikels oor kindermishandeling te kyk. Ek het heelwat te sê gehad oor ongehoorde seksuele verhoudings, seksuele vergrype en gevalle van sodomie in ons skole.
’n Parlementêre komitee het ook gewys op ’n aantal 11-jarige meisies wat swanger was in die Kavangostreek. Volgens die nuusblaaie is baie van die gevalle onder die ministerie se aandag gebring en van hulle is selfs by die polisie aangemeld. Ek het ook die indruk gekry van die skoolhoofde was nie juis gretig om vervolging of dissiplinêre stappe te begin nie. Oor die algemeen het heelwat van hierdie sake gesloer voor daar opgetree is. Die gevolg was dat in van hierdie gevalle leerlinge elke dag die boosdoeners in die gesig moes staar.
’n Mens kan dankbaar wees dat daar in die afgelope tyd nie van hierdie voorvalle in die koerante verskyn het nie; dit wil egter nie sê dat dit nie gebeur nie. Maar, nou is dit belangrik om te weet wat die ministerie gedoen het om die bestaande regulasies te versterk om hierdie wandade in ons skole werklik hok te slaan. Hoeveel van die gevalle wat aangemeld is, het dissiplinêre en/of strafregtelike verhore tot gevolg gehad? Hoeveel onderwysers is geskors ná skuldigbevindings? Hoeveel van die beweerde beskuldigdes het die diens verlaat ná die klagtes aangemeld is, maar voor enige verhoor. Is al hierdie inligting in die openbare domein geplaas? En laastens, het die ministerie al ooit aan ’n register vir onderwysers gedink sodat die publiek, die skoolrade en personeel by skole hulle kan identifiseer en soos die pes kan vermy. Ons moet verhoed dat ons eendag in die woestyn sal sit en huil oor ons kinders, omdat ons hulle nie kon beskerm nie.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie