Onderwyssake rubriek Godfrey Kleinhans
Onderwyssake rubriek Godfrey Kleinhans

Onderwys - Ouerlike plig

Godfrey Kleinhans
Daar is geen twyfel dat Covid-19 ontwrigtend was nie. Volgens statistiek ingewin in Suid-Afrika het leerlinge vanaf 75% tot ‘n volle skool jaar agtergeraak.

Alternatiewe bywoningsdae het gesorg vir ‘n verdere verlies aan onderrig- en leertyd van ongeveer 54%. Die leerlinge wat die skool vroegtydig oor ‘n periode van sestien maande verlaat het, word nou bereken op 750,000.

Daar word aangeneem dat die meeste van hierdie leerlinge uit die informele nedersettings en landelike gebiede kom. Juis hierdie leerlinge het nie toegang tot aanlyn- en tuisonderrig nie. Soos talle kere reeds vermeld, het Covid-19 bestaande ongelykhede net meer belig.

Die agterstande voorspel natuurliks niks goed vir enige ekonomie nie. Verder rus daar ‘n enorme, bykomende las op die skouers van onderwysers.

Toe skole gesluit is, was baie leerlinge skielik op hulself aangewese omdat baie moeders en vaders in voltydse werke staan. Kinders was skielik blootgestel aan onbekende belewenisse, waarvan baie niks met die amptelike leerplan te doen gehad het nie.

Baie kinders wat minstens een maaltyd per dag by die skool geniet het, moes self sien en kom klaar. Sommige het hulle tot bedelary en selfs misdaad gewend. Dissipline is ook negatief deur die "nuwe werklikheid" beïnvloed.

Tog het kinders na die skool teruggekeer om te leer. Die uitdagings is nou om hulle te akkommodeer.

By ‘n Wes-Kaapse skool het dit nie goed gegaan nie. Ondanks ‘n sterk gevestigde gedragskode en goeie dissipline het leerlinge se gedrag drasties agteruitgegaan. Die handhawing van dissipline was skielik ‘n uitdaging. Onderwysers is uitgedaag deur seuns en dogters; geteister, gevloek en met geweld gedreig. Laatkom en bakleiery het algemeen geword. Die aantal probleem-leerlinge het gestyg van twee per dag tot twaalf per dag en natuurlik het die frekewensie en aard van gevalle van swak gedrag ook toegeneem. Dit het onmoontlik geword om verlore onderrig- en leertyd in te haal.

Die skoolhoof was met sy hande in die hare tot hy by die oplossing gekom het om die ouers aan te spreek. Hy het aan alle ouers ‘n brief geskryf waarin hy die gedrag van hul kinders uitgespel het.

Hy sê onder andere: “Ek is nou verby by die punt van luister en genade betoon aan disrespekvolle, ongehoorsame en onbeskofte leerders”. Hy het dit duidelik gestel dat die kweek van goeie maniere, bedagsaamheid en respek die ouers se verantwoordelikheid is en dat die skool se personeel geensins die skuld vir die swak gedrag van hul kinders sal dra nie. Hy het ouers ingelig dat hy onbeskofte kinders voor die voet sal skors en nie na enige klagtes van die ouers sal luister nie.

Die skool het ook ‘n beleid van “geen genade" (zero tolerance) afgekondig. Hierdie was ‘n brawe en onpopulêre besluit, maar dit het gewerk: oortredings van die gedragskode het drasties afgeneem.

As skoolhoof het ek ook verkies om per brief met ouers te kommunikeer. Die staat het genoeg koeverte en afrolpapier voorsien en skole is vrygestel van postariewe. Ek het dit ‘n goeie strategie gevind om ouers behoorlik in te lig oor die akademiese jaar se beplanning, leerlinge se prestasies, ouers se finansiële verpligtinge en gedragspatrone by die skool. Op hierdie manier word 'n behoorlike vennootskap tussen ouer en skool gesmee.

Skoolhoofde kan dit oorweeg, veral waar swak gedrag algemeen word en leerlinge se vordering nie na wense is nie. Dit is ‘n effektiewe strategie om ouers op hul verantwoordelikhede te wys. Sodra leerlinge die skoolgronde verlaat, verskuif die toesig en beskerming van die leerlinge na die ouers; dit moet hulle besef.

(Ek dra graag hierdie rubriek op aan Dorian Meyer, skoolhoof van Cloetesville Sekondêre Skool in Stellenbosch. Hy het die moed en politieke wil gehad om iets daadwerkliks te doen.)

- godfrey,[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!