Onderwys – Quo vadis
Dis ’n bewese feit dat ’n groeiende ekonomie sonder ’n doeltreffende onderwysstelsel ondenkbaar is.
Aan die ander kant voorsien ’n sterk ekonomie die nodige bronne wat nodig is vir ’n doeltreffende onderwysstelsel. Die koloniale meesters was nie onbewus hiervan nie, dit was net nie deel van hul agenda nie.
Vir die ekonomiese aktiwiteite wat as nodig in die kolonie beskou is, is basiese geletterdheid as voldoende beskou. En natuurlik het hierdie benadering netjies ingepas by die praktyk van goedkoop arbeid. Ná die onafhanklikheid van die voormalige kolonies is heelwat klem op onderwysontwikkeling geplaas. Teikens vir die nuwe Afrika-onderwysstelsels, soos Universele Primêre Onderwys (UPE) en Onderwys vir Almal (EFA) is die produkte van internasionale konvensies.
Hierdie produkte van internasionale samewerking is deur Carol Bellamy van Unicef as “the closest thing to a silver bullet” beskryf wat nodig was vir onderwysontwikkeling in Afrika.
Heelwat beleide is aangeneem om die teikens van UPE en EFA te realiseer. Kinders het nou toegang tot gratis basiese onderwys gehad; ’n konsep wat met verloop van tyd veranderinge in duur en verduideliking ondergaan het.
Maar, met ’n bietjie “hindside” sinisisme en realisme, sê Keith Lewin dat die ontwikkeling van beleid nie so ’n groot uitdaging bied soos die implementering en bestuur daarvan nie.
In die meeste Afrika-lande het die toelatingskoerse die hoogte ingeskiet, maar in 22 lande is die sekondêre koers benede 20% terwyl minder as 10% van die werkers in Afrika oor ’n graad 12-skoolverlatingsertifikaat beskik. Van die 67 071 graad 1’s wat skool in Namibië in 2011 begin het, het slegs 13,64% in 2022 in graad 12 beland. Van die 46 402 wat in 2021 in graad 11 was, was slegs 19,3% in graad 12 in 2022.
Oosterse lande soos Singapoer, Suid-Korea en Maleisië was in dieselfde situasie soos baie Afrika-lande toe hulle onafhanklik geword het. Intussen het Afrika meer as een triljoen VSA dollar sedert 1960 in lenings en hulp ontvang.
Die verskil in onderwysontwikkeling tussen voormelde Oosterse lande en Afrika skreeu ten hemele. Oxfam se verduideliking is dat Afrika-regerings nie ’n plan van aksie op die tafel kon plaas om genoegsame politieke oortuiging, populêre betrokkenheid en fondse te genereer om hul beloftes na te kom nie.
In Back to the Black Board: Looking beyond Universal Primary Education in Africa, saamgestel deur P. Govender en S. Gruzd, probeer ’n groep opvoedkundiges antwoorde vind. Die outeurs verwys na verskillende redes waarom onderwys in Afrika so ’n opdraande stryd voer.
Dit sluit onder andere twyfelagtige onderwyser-kwaliteit en lae salarisse, primêre onderwys as swak voedingsbronne vir sekondêre onderwys, vroeë skoolverlating, tienerswangerskappe en gebrekkige befondsing in.
My ervaring, veral ná onderhoude met straatkinders, is dat skoolretensie baie te make het met die finansiële vermoë van die ouers. Maar, dan is daar ’n klompie vrae wat nog pla? Ek kry al lank die gevoel dat dit in orde is as ons skole hoë promosiekoerse handhaaf, veral die slaagsyfers in die graad 11- en 12-eksamens. Maar is dit genoeg? Maak ons ooit gebruik van ons SAQMEC- en jaarlikse EMIS-verslae wanneer ons onseker is en na rigting soek?
Is ons onderwys toekomsgerig sodat ons leerders kan leer om die uitdagings wat op hulle wag, te kan hanteer? Is ons onderrig in die skole regtig op die ontwikkeling van kritiese denke en probleemoplossing gerig? Wat is die kwantiteit en kwalititeit van ekstra kurrikulêre aktiwiteite soos sport en kultuur?
Baie dorpe het skool- en gemeenskapsale; die vraag is hoe gereeld hierdie ruimtes ingeneem word deur drama-opvoerings en debataande? Wanneer laas het ons gehoor hoe die Jeugkoor sing of van Eisteddfods?
Al hierdie vrae neem my terug na Oxfam se verdoemende uitspraak hierbo? Is dit waar dat ons streke en skole nie werkbare planne op die tafel kan sit en al die doelwitte soos hierbo genoem, kan realiseer nie? Ek wyk nou af, maar het ons werklik “besit” van onderwys geneem. Nou die ander dag was hier so ’n klein opstootjie by een van die primêre skole.
“Hulp” moes vanaf Windhoek aangevra word om aandag hieraan te kom gee. Agterna het sommige aangevoer dat die situasie “verpolitiseer” is. Die realiteit is dat die politiek altyd by sulke situasies ingetrek sal word. Skoolrade wat in konflik is met streekkantore en selfs met hul skole se personeel, sal hulle altyd tot politici wend. En, politici sal altyd positief reageer op hul kiesers se noodkrete.
Dit is tyd dat ons skoolbesture en skoolrade so bemagtig word dat hulle, hulle nie op eksterne magte sal beroep nie. En, dit is die verantwoordelikheid van die streekkantore! (Hierdie een dra ek op aan Hendrik van Schalkwyk, oud-onderwysman, wat onlangs oorlede is.)
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie