Onderwys – Realiteite van gratis basiese onderwys
Die mens is al bekend met die reg en regspraak sedert die vroegste tye.
Die reg is al in die jaar 2,400 voor Christus gekodifiseer, en Indië beskik oor die oudste regstelsel. Die Christen Bybel en die Qur’an bevestig nie net die grootheid van die Allerhoogste nie, maar lê ook riglyne neer vir die gedrag van die volgelinge. Maar, dan was daar streng skeidslyne tussen reg en verkeerd en strawwe onverbiddelikheid.
Formele menseregte het eers baie later die lig gesien. Die Magna Carta wat bepaal dat elke mens gelyk voor die reg is, insluitend die koning, is eers in 1215 deur die Engelse parlement aangeneem. Daarna is dit opgevolg deur die Handves van Regte in 1689. Menseregte het werklik eers stoom gekry in die 20ste eeu deur die aanvaarding van ’n reeks demokratiese grondwette en konvensies.
Natuurlik het koloniale Afrika kennis van hierdie ontwikkelinge geneem en dit sou bydrae tot die vrymaking van die vasteland en die aanvaarding van demokratiese instellings. Laat in die 20ste eeu is ’n reeks konvensies deur die meerderheid van lande, insluitend Afrika, aangeneem waarop die Namibiese Onderwyswet geskoei is. Ons land se Grondwet en Onderwyswet waarborg toelating tot onderwys vir alle kinders, die bevordering van billikheid, gehalte-onderwys en die handhawing van die demokratiese beginsels. Elke Namibiese kind het ’n reg hierop. Die onus rus op die staat om voldoende voorsiening te tref vir onderrigruimtes (skole/klaskamers), akkommodasie vir leerlinge van verafgeleë gebiede, vervoer na skole, skoolvoedingsprogramme, toesig oor streekprosesse, gekwalifiseerde onderwysers, opgraderingsgeleenthede vir onderwysers en gemeenskapsdeelname deur die vestiging van skoolrade en streekonderwysforums. Die minister van onderwys vra jaarliks reusebedrae in die parlement aan om onderwys operasioneel te hou. Dit is die realiteite van gratis basiese onderwys.
Gereeld, aan die begin van die skooljaar, vind ek ouers by winkels wat besig is om skoolbenodighede te koop. In my kontak met hulle merk ek elke keer ’n uiterste positiwiteit op. Hulle is bekend met gratis basiese onderwys, maar is ook deeglik daarvan bewus dat die staat swaar trek. Hulle is ook deeglik daarvan bewus dat niks in hierdie lewe gratis is nie. Daar is wel skole wat fooie vra en dan diversifiseer hulle verder. Dit hou onder andere ook verband met sport, die labarotorium en uitstappies; dit kan neerkom op ’n aardige bedrag. En, die ouers wat hulle kinders by hierdie skole inskryf, betaal. Dit is juis hierdie gesindheid van die ouers wat die staat moet inspan om al sy verpligtinge na te kom. Die ministerie moet seker maak dat hierdie verhouding uitgebou en volhou word. Neem ons toelating, billikheid, kwaliteit en demokrasie in ag, dan skiet ons nog ver te kort. Daar is nog kinders wat nooit by die skool opdaag nie. Daar is kinders wat uit die stelsel val weens ’n gebrek aan vervoer, akkommodasie en honger mae.
Gehalte-onderwys kom nie tot sy reg nie weens swak skoolbestuur en onbetrokke onderwysers. Daar is nog baie skole in die land wat swak presteer weens swak toesighouding en ’n gebrek aan doeltreffende monitering.
Ek weet ook nie tot watter mate skoolrade bemagtig word nie, terwyl daar sommige streke is wat nie oor ’n streekonderwysforum beskik nie. Ek dink ons skole kan beter doen as ons die prioriteite en fokus bietjie rondskuif.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie