Onderwys – Regstellende aksie: Deel 1
Baie lande se verlede word gekenmerk deur ongelykhede en onderdrukking. Dit het onder andere gelei tot die Franse Rewolusie, die Engelse Grondwetlike Rewolusie en die bevryding van die Amerika’s, Asië en Australië.
In die meer onlangse verlede is die Europeërs met geweldige onluste en burgeroorloë uit Afrika geboender en in Namibië en Suid-Afrika is die vryheidstryde onderskeidelik deur Swapo en die ANC gelei.
Nadat vryheid bekom is, het die harde werk begin om die ongelykhede uit die weg te ruim in die fabrieke, skole, universiteite, hospitale, staatsdienskantore en op bou- en mynpersele. So is die konsep van regstellende aksie gebore. Die voorheen benadeeldes en menseregte- aktiviste het dit met ope arms verwelkom terwyl voorheen bevoordeeldes dit as apartheid in trurat beskou.
Kaderontplooiing, een van die toepassings van regstellende aksie in ons buurland, het daarvoor gesorg dat voorheen benadeeldes ook in besluitnemende posisies kon kom. Maar, dit het ook gesorg vir die aanstelling van talle onbevoegdes en mense sonder integriteit in beheerposisies. Onberekende skade is aangerig in Eskom (elektrisiteit), Prasa (spoorvervoer), die SAA (lugdiens) en Denel (wapens). Selfs die geldkaste van provinsies het geweldig deurgeloop en pogings is aangewend om die Reserwebank te kaap.
Regstellende aksie is nog nooit regtig aan die breë bevolkings in Namibië en Suid-Afrika verduidelik nie. Ons weet nog nie (en dis my mening) hoe dit werklik van toepassing is op verskeie gebiede (ekonomies en maatskaplik), situasies, groepe en individue en of dit tydgebonde is nie.
Dit is nie genoeg om “regstellende aksie te praat” nie; ons moet darem weet waarvan ons praat. Voor my aftrede is ek genooi om deel te wees van ’n paneel wat die aanstelling van ’n onderwysbeplanner moes aanbeveel. In haar finale woord aan die paneel herinner die voorsitter ons daaraan om balans in ag te neem aangesien die wet dit vereis. So noem sy toe dat ons ook moet kyk na taal ensovoorts. Dit was maar ’n powere poging om regstellende aksie te verduidelik. Ek dink voorsitters van aanstellingspanele behoort elke keer die wet te verduidelik wanneer regstellende aksie ter sprake is.
Maar eers, kom ons kyk na die oorsprong van regstellende aksie. Die pogings van die Burgerlike Regte Beweging in die VSA om ongelykhede te takel, het president Lyndon B Johnson beweeg om hom te beywer vir gelyke geleenthede vir swart Amerikaners op verskeie gebiede. Sy pogings is opgevolg deur president Kennedy. Regstellende aksie is ook later uitgebrei na ander minderheidsgroepe.
Die 1958-Grondwet van Frankryk verbied ook alle onderskeid op grond van ras, godsdiens en geslag. Die implementering van die grondwetbepalings is veral in 1980 streng uitgebrei na primêre en sekondêre onderwys.
In Indië is daar verskriklik teen bepaalde groepe gediskrimineer; toelating tot onderwys, werksgeleenthede en die politiek was vir sekere groepe uiters moeilik. Studente van die noordweste se toelating tot hoër onderwys word nog steeds bemoeilik.
Brasilië huisves die vlagskip van regstellende wetgewing wat hulle beskou as die “regte ding om te doen”. Diskriminasie op grond van ouderdom, ras, velkleur, nasionale oorsprong, gestremdheid, godsdiens, geslag, huwelikstatus, politieke affiliasie, swangerskap, geslags-identiteit en geslagsoriëntasie en burgerskap is taboe.
Volgende week kyk ons na definisies van regstellende aksie en hoe dit geïmplementeer word.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie