Onderwys – Regstellende aksie: Deel 3
Die beëindiging van kolonialisme het wêreldwyd die stigting van nuwe state met demokratiese grondwette tot gevolg gehad.
Grondwette word wyd geïnterpreteer en dit het gou geblyk dat die aanspreek en regstelling van die sondes van die verlede iets meer daadwerklik nodig gehad het. Grondwette sou nie die ongelykhede in die werkplek vinnig genoeg kon takel nie. Meer daadwerklike reëls was nodig om die weg na gelykhede en die verspreiding van geleenthede, nie net “te praat” nie, maar ook te verhaas. Maar, ten spyte hiervan, wil die stigma van “apartheid in trurat” net nie gaan lê nie.
Aantygings van diskriminasie, raskwotas, dalende standaarde en tokenisme word gereeld gehoor. Selfs politici het al laat hoor dat regstellende aksie-maatreëls ver te kort skiet om aan die verwagte uitkomste te voldoen. Regstellende aksie-wetgewing toon ’n paar ernstige krake.
Die groot beswaar teen regstellende wetgewing is dat dit ’n baie lae (of geen) premie plaas op kennis en vaardighede bekom deur ervaring nie, maar ’n hoër (of toepaslike een) op kwalifikasies wat deur die posisie vereis word.
Die argument is dat die omstandighede vanwaar kandidate uit die aangewese groepe kom, beperkte toegang en geleenthede dit vir hulle moeilik gemaak het om die nodige vaardighede te bekom. Met hierdie argument stry ek nie, en die leemtes moet deur die werkgewer gevul word met indiensopleidingsprogramme. Maar, die gevolg is uitgestelde doeltreffendheid wat produksie en kostes negatief kan beïnvloed. Verder, sê dit ook vir my dat meriete nie by die deur uitgeboender kan word in die geval van hoë besluitnemingsvlak-poste nie. Daar is nie tyd vir leer nie; die kandidaat moet vertroud wees met al die eise van die posisie waarvoor hy of sy aansoek doen.
Die werkgewer soek relevante kwalifikasies, vaardighede, kennis en leierskapeienskappe. Dit is hier waar kritieke foute begaan is in ons buurland; dink maar weer aan Prasa, Eskom, Denel, SAUK, die Suid-Afrikaanse Lugdiens en die Suid-Afrikaanse Belastingsdiens. Dit gebeur wanneer regstellende aksie in kaderontplooiing ontaard.
Dit bring my ook tot die besef dat regstellende aksie-aanstellings moontlik gebrekkige deursigtigheid en toerekeningsvatbaarheid tot gevolg mag hê. Die debakel rondom die openbare beskermer (PB), Busisiwe Mkhwebane, is ’n sprekende bewys hiervan.
Die artikel 194-parlementêre komitee het nou bevind dat sy onbevoeg en onbekwaam is; sy het eenvoudig basiese en kritieke regsbeginsels geïgnoreer of dit nie verstaan of geken nie. Sy weier om aanspreeklikheid te aanvaar vir enigiets wat in die PB se kantoor verkeerd geloop het. Die komitee beveel nou aan dat sy permanent uit die pos verwyder word en dit blyk nou dat hierdie kader nooit die pos moes gekry het nie.
Verder wil ook voorkom asof rasgebaseerde kwota-aanstellings en -bevorderings meer kwaad as goed doen. Dit word dikwels van persone uit die aangewese groepe gesê dat hulle aanstellings gewyd kan word aan die bepalings van die wet en nie aan kwalifikasies, vaardighede en werksgeskiedenis nie.
Hierdie beskuldigings word ook rondgeslinger waar bevorderings en prestasiebonusse ter sprake is. Die aanstelling van vroue, hoe goed ook al gemotiveerd en regverdig, word met dieselfde wantroue bejeën. Ag, voor die handliggende voorbeelde is die van rugbyspelers van kleur in ons buurland. Hulle, hoe goed hulle ook al mag wees, word steeds in baie kringe as kwotaspelers beskou. Darem baie onregverdig teenoor hierdie jong manne.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie