Onderwys, sensitiwiteit en empatie
Nou die ander dag in Windhoek het die luukse huise in Kleine Kuppe my asem skoon weggeslaan.
Ek kon nie glo dat mense daardie tipe geld het of huisverbande kry om sulke luukshede op te rig nie. Ek het baie skole, binne- en buitelands, in my lewe gesien en besoek, maar het verstom daar voor die luukse Windhoek Gymnasium in die kar gesit. Soos hulle daar in Basterland sal sê: “My tong was iet.” In die omgewing van Lady Pohamba en die Grove is daar ’n klomp bedelaars aan wie die lewe die kaarte van onder die pak uitgedeel het. Jonathan Kozol (Savage Inequalities, 1992) sê na sy besoek aan skole in St. Louis, in die deelstaat Missouri: “One searches for some way to understand why a society as rich, and frequently, as generous as ours would leave these children in their penury and squalor for so long – with so little public indignation.” Hierdie kinders het geen misdaad gepleeg nie en hul omstandighede is nie ’n klein “mistykie” van die geskiedenis nie.
My aanskoue (bewondering of afgryse?) het my laat terugdink aan skole en kinders waaroor ek al geskryf het. Skole sonder ablusiegeriewe en wat net oor die basiese beskik, honger leerders en bedelaartjies wat nog in die skool moes gewees het en nou in die strate vuil en honger ronddwaal. In sommige gebiede waar daar ’n gebrek aan akkommodasie is, word kindergesinne gestig terwyl dit in ons buurland in sommige plekke nog erger gaan; daar is al heelwat gerapporteer dat klein leerders in toiletputte geval en verdrink het, te midde van voldoende bronne vir “longdrops”.
Kyk ons daarna, soos Kozol sê, met gebrekkige openbare verontwaardiging? Hoe sensitief is ons en hoeveel empatie het ons? Watter rol speel sensitiwiteit en empatie in die aanwending van die begroting en die toepassing van die onderwysreg?
Maar, wat is sensitiwiteit en empatie? Ons is geneig om mense wat liggeraak is van hipersensitiwiteit te beskuldig. Dit beteken eintlik dat sulke individue oor die vermoë beskik om op “boodskappe” uit hul omgewing te reageer. Empatie help mens juis om daardie einste boodskappe reg te lees, te prosesseer en korrek daarop te reageer. Hoe sensitief en empaties is ons vir “boodskappe” uit ons omgewing?
’n Tyd gelede het ek ’n predikant daarop gewys dat ek ’n groter mate van empatie van hom verwag het; juis van hom as ’n man van God. ’n Sakepersoon in Namibië op Facebook se antwoord op versoeke van donasies aan onderwys was: “I am not in the business of education.”
In vanoggend [5 Augustus] se koerant is gerapporteer dat die hof sewe luukse voertuie van ’n beskuldigde verbeurd verklaar het. Dit gaan my verstand te bowe dat ’n mens sulke luukshede, te midde van die uiterste armoede wat ons in Namibië sien en beleef, kan versamel.
Navorsing toon dat sensitiwiteit en empatie belangrike elemente in die mondering van regslui moet wees. Een van die groot helde in die Suider-Afrikaanse regsgeskiedenis was Braam Fischer. Fischer was ’n Afrikaner, gebore in die Vrystaat en die kleinseun van Abraham Fischer, destydse president van die Vrystaat.
Dit was hierdie einste Braam Fischer wat Nelson Mandela en sy kamerade van die galg gered het. Daar word van hom gesê dat hy die toonbeeld van sensitiwiteit, empatie en beleefdheid was.
Sensitiwiteit en empatie is belangrik in onderwysbestuur omdat dit besluitneming positief beïnvloed. Ons sal nie onderwysers wat verdink word van ernstige seksuele dade of ongeoorloofde verhoudings met leerders in die skool hou omdat hy of sy nog nie skuldig of onskuldig bewys is nie. Dit is tyd dat onderwysadministrateurs en onderwysers weer kyk hoe sensitief ons vir leerders se behoeftes is en hoeveel empatie ons toon. Leerling-gesentreerde en inklusiewe onderwys kan tog nie suksesvol in die afwesigheid hiervan wees nie.
Ten opsigte van die humanitêre nood in Gasa het Kamala Harris nou onlangs gesê:”I will not be silent.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie