Onderwys – Skoolboelie en klasindeling
Skoolhoofde, onderwysers en onderwysstudente behoort die berig oor “Afknouery” in Republikein van 28 Junie 2024 baie interessant te vind.
’n Ouerpaar in Windhoek beweer dat hul kind deur ’n onderwyser, wat verantwoordelik is vir die onderrig van Duits en geskiedenis in graad 10, geboelie word. Verder voer die ouers aan dat die kind sedert die aanvang van die skooljaar ongemotiveerd, rebels en baie negatief teenoor die skool is.
Om hierdie situasie in die kiem te smoor, stel die ouers dan voor dat die kind na ’n ander klasgroep geskuif word. Dit sal die kind dan ook in staat stel om die Deutsche Abitur-leerplan te volg. Die ouers heg ook ’n verslag van ’n sielkundige ter stawing van hierdie bewering by hul hofaansoek aan.
In hul reaksie verklaar die skool dat die kind gelukkig is in die groep waar hy hom tans bevind en hulle twyfel of ’n skuif na ’n ander klasgroep enige verbetering in die verhouding tussen hom en die onderwyser teweeg sal bring.
Die skool voer verder aan dat die kind in graad 11 in elk geval onder die onderwyser se oë uit sal wees. Die skool heg ook ’n verslag van ’n ander sielkundige aan wat aanvoer dat ’n paar emosionele uitdagings die kind in die gesig staar en dat soortgelyke probleme al in 2019 opgeduik het; dit was voor hy nog deur die betrokke onderwyser onderrig is.
Laastens beveel die skool aan dat die kind na die aanbevole groep oorskuif of die skool verruil vir ’n ander skool.
Eerstens, die bestuur van ’n skool bepaal jaarliks die klas- en vakgroepe vir elke graad op grond van vakkeuses, taal, fasiliteite en beskikbaarheid van vakonderwysers. Verder moet die groepering van elke graad ook ekonomies gemotiveer kan word. ’n Klasgroep met drie leerlinge en agt periodes per week regverdig tog nie die operasionele uitgawes nie. Die belang van die kind beteken ook dat die plasing van elke leerlinge in ’n klas- en of vakgroep gedoen sal word met die inagneming van haar of sy belangstellings en skolastiese agtergrond. Die ouers het wel inspraak, maar dit word van hulle verwag om redelik te wees.
Tweedens, ingevolge die in loco parentis-leerstuk moet ’n skoolhoof soos ’n sorgsame ouer waak oor die welstand van die leerlinge terwyl hulle fisiek by die skool of by ’n skoolaktiwiteit buite die skoolgronde besig is. Hierdie beginsel geld ook vir elke onderwyser en is nie onderhandelbaar nie. Leerlinge moet beskerm word teen moontlike gevaarlike situasies op die skoolterrein (of buite) en teen onderwysers en ander leerlinge wat venynig en afknouerig is. Enige sprake van mishandeling en geboeliery by die skool moet sonder enige versuim ondersoek word, en maatreëls in werking gestel word om die slagoffer te beskerm. Die saak is nou in die hof (die kalf is in die put) en daar is seker nou min tyd vir samesprekings; my slimmighede sal nou niks help nie.
Miskien kan ek tog ’n bietjie rigting gee na aanleiding van ’n eie ervaring. Toe een van my kinders graad 1 toe is, het ek die hoof gevra of hy in ’n sekere juffrou se klas geplaas kan word. Ek het my versoek goed gemotiveer en na samesprekings met die juffrou, is hy toe in haar klas geplaas; hier het hy geblom en goed gedoen. Ouers het die reg om met die skoolbestuur oor klas- en vakgroepplasings te praat; skoolbestuur is verplig om na hulle te luister.
Hierdie storie het ’n ander belangrike dimensie. DHPS is ’n privaat skool en anders as in die geval van staatsonderwys is toelating tot privaat skole nie gratis nie. Private onderwys is eksklusief en elitisties, die aanbod en aanvraag is beperk en skoolfooie is buite reik van die gewone mens. Dit gee aan die ouers ’n baie groter inspraak en eise en versoeke van ouers kan nie sondermeer van die hand gewys word nie.
Die raad van oorplasing na ’n ander skool is ook nie altyd die gepaste reaksie nie. Die leerling is in graad 10 en ’n mens kan aanvaar dat hierdie ouers al heelwat in die skool gesteek het. – [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie