Onderwys – Staat, kerk en skool
Oor die jare heen was daar nog altyd ’n intieme verhouding tussen staat, kerk en skool. Hierdie verhouding het hom seker die beste vergestalt in ons buurland. Selfs die inhuldiging van die premiers en uitvoerende presidente het voor 1994 in ’n Gereformeerde kerk plaasgevind. Dit is gedoen deur die hoofregter onder die wakende oog van een van die senior predikante. Dit was ’n geleentheid waar die Almagtige se seën oor die regering afgebid is.
Die sosioëkonomiese en politieke transformasies wat ná die industriële revolusie plaasgevind het, het ook die nasionalisering van onderwys ingesluit. Die staat was nou verantwoordelik vir die befondsing van onderwys wat ook die opleiding, aanstelling en salarisse van onderwysers ingesluit het. Hieroor, veral in lande waar daar ’n hegte verbintenis tusssen staat en kerk was, het laasgenoemde gewaak. In ons buurland moes onderwys binne die raamwerk van die Christelik- nasionale filosofie geskied.
Maar, daar is ook ’n ander perspektief. In Suid-Afrika, soos ook hier, het die staat eenvoudig geweier om volle verantwoordelikheid vir die onderwys van kinders van kleur te aanvaar. Die oorgrote meerderheid van persone van kleur van my ouderdom, moes byvoorbeeld toelating soek by een of ander kerkskool wat deur die staat gesubsidieër is. Alhoewel deur die staat gesubsidieër en onderworpe aan wetgewing, was die kerkskole steeds in ’n gunstige posisie om toesig te hou oor die morele en etiese opvoeding van hul dooplidmate. In Suid-Afrika het die staat vinnig gesien dat sommige kerk nie gediend was met die apartheidsbeleid nie, met die dat gevolglik projekte van stapel gestuur is om hulle oor te neem. Die kerkskole wat verkies om steeds privaat te bly, doen dit vandag uit eie keuse.
Nou, wat is die huidige posisie? In die meeste demokratiese lande word daar gepoog om ’n streng skeidslyn tussen staat en kerk te handhaaf. Die Amerikaanse president Thomas Jefferson het hierna verwys as ’n “wall of separation”. Dit beteken nou nie dat die staat skielik die kerk uit die skool geboender het nie. Dit beteken wel dat godsdiensvryheid gewaarborg word, maar dit laat geen ruimte vir ’n “staatskerk” nie en dat die een nie aan die ander kan of mag voorskryf nie.
Watter rol behoort die kerk dan in die skool te speel? Ons is nie so ’n sekulêre staat dat die kerk nie meer ’n ogie kan hou oor die morele en sedelike opvoeding van sy dooplidmate nie. Alhoewel daar so gehamer word oor sekulariteit is daar min skole in hierdie land waar nie een of ander vorm van godsdiensonderrig plaasvind nie. Baie skole nooi selfs predikante uit na hul saalbyeenkomste.
Maar, alles is nie vir my kosher nie. Tydens die onlangse debakel oor die selfdegeslaghuwelik het predikante wat daarteen gekant is, duidelik van hulle laat hoor. Die diskoers, as mens dit so kan noem, het sulke afmetings aangeneem dat dit in beledigings ontaard het. Die ander het eenvoudig geswyg. Een van die Gereformeerde kerke het nou onlangs weer eens bevestig dat lede van die LBGTQ-gemeenskap nie hul kansels mag bestyg of op kerkrade mag dien nie.
Maar, hoe verduidelik die kerk dit aan sy lidmate en watter seine stuur die kerk uit na die skole. Hoe versoen die kerk hierdie standpunt met die inklusiewe leer wat Jesus aan sy volgelinge voorgehou het? Wat van die outjie wat al daarvan bewus is van hy of sy se “anderste seksualiteit” en graag predikant wil word? Hoe word dit aan hom of haar verduidelik om predikant te word binne die kerk waarin sy of hy grootgeword het, nie ’n opsie is nie? Word dit ooit gedoen?
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie