No Image Caption

Onderwys – Suspenderings en ‘verbannings’

Die gemene- en statutêre reg skep ’n intieme verhouding tussen ’n skool en ouer sodra die kind van sodanige ouer tot die skool toegelaat word.

Hieruit ontspring ’n klompie regte en verpligtinge; die skool sal die kind se belange beskerm soos ’n sorgsame ouer en die ouer sal toesien dat die kind sy/haar skoolverpligtinge getrou nakom. Die ouer sal dus toesien dat die kind sy/haar tuiswerk doen, vir toetse en eksamens voorberei, gereeld en betyds by die skool opdaag en die etos van die skool onderskryf.

Die ouer sal ook seker maak dat die kind die eiendom van die skool, soos handboeke, wat aan hom/haar toevertrou word, goed sal versorg. Hierdie verpligtinge van die ouer is nie onderhandelbaar nie. Oor die sekere regte en voorregte van leerders was daar vir ’n lang tyd (miskien nog altyd) baie onsekerheid. Ouers het in opstand gekom as selfone by skole verbied word, leerlinge vir kort periodes weens wangedrag uit die klaskamer verban word en ander vir ’n dag of twee gesuspendeer word.

Die kwessie van lyfstraf, veral by privaat skole, moes in die hoërhof opgeklaar word. En as ’n mens dink dat die stof gaan lê het, dan is daar ’n brawe skoolhoof wat die moed het om leerlinge vir twee dae huis toe te stuur.

Daar was andere ook wat hierdie “kort verbannings” gebruik het om leerders tot orde te bring. ’n Vriend van my, en departementshoof by ’n skool op Rehoboth, het toegang tot die eksamenlokaal verbied as ’n leerder nie sy/haar handboek ingedien het nie.

Wyle mnr. Peter Barry het so ’n kind huis toe gestuur om die boek te gaan haal of die ouers moes eenvoudig opdok. By die Keetmanshoop Primêre Skool moes ongehoorsame leerders voor die skoolhoof (Mnr. Zulch) se kantoor vir daai spesifieke periode staan en lees; hulle moes stoepe staan. Hierdie strategieë het gewerk en niemand het gekla nie.

Op die oog af lyk dit of die skoolhoof van die People’s Primary School, me. Elsandra Skrywer, heel binne haar bevoegdheid opgetree het toe sy die leerders huis toe gestuur het. En dan het sy ook die gewensde respons van die ouers van die meerderheid van die oortreders gekry; hulle het by die skool opgedaag.

Verder waardeer ek die positiewe respons van Sanet Steenkamp, die uitvoerende direkteur. Skoolhoofde sukkel nou al lank om ouers by die skool en by hul eie kinders se onderrig betrokke te kry.

Of die skoolhoof en me. Steenkamp se handelinge ooreenkomstig die onderwyswet korrek is, daaroor is ek nie so seker nie. Daar is ’n paar aspekte wat vir my in onduidelikheid versluier is.

Eerstens maak artikel 23 van die wet voorsiening vir die suspendering van leerders wat hulle skuldig maak aan oortredings wat die veiligheid van medeleerders en onderwysers bedreig en ook leer en onderrig onmoontlik maak. Sodanige oortreders moet dan binne ’n redelike periode voor die skoolraad verskyn.

Die vraag is of die mindere oortredings vermeld in die koerantberig aan hierdie vereistes voldoen? Word die verrigtinge by ’n skool sodanig ontwrig as ’n leerder sy/haar handboek nie oortrek nie of nie betyds by die skool opdaag nie?

Tweedens is die bedoeling van die handeling van die skoolhoof en goedkeuring van die uitvoerende direkteur ook nie duidelik nie. Was die beweegrede van die skoolhoof om die leerlinge te dissiplineer of om die ouers meer betrokke te kry. Ek weet, ek het die skoolhoof lof toegeswaai vir haar onortodokse besluit, maar ek twyfel steeds of dit die juiste manier (binne die konteks van die onderwyswet) is om ouerbetrokkenheid te bevorder. Laastens, wys die uitvoerende direkteur daarop dat sy nie ’n presedent wil skep nie. My vraag is, het sy nie toe sy die skoolhoof se handeling gesanksioneer het ’n presedent geskep nie?

Indien haar goedkeuring wel ’n presedent geskep het, sal sy moeilik ander skoolhoofde van ’n soortgelyke optrede kan laat afsien. En, watter tipe “mindere” oortredings van leerders gaan beskou word as voldoende om ’n leerder tydelik uit die klas te “verban” of vir ’n paar dae te suspendeer? Ek dink dit is tyd dat hierdie aspekte van die onderwyswet weer onder die loep gebring moet word.

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.25 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 583.37/OZ UP +0.94% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 932.80/T UP 0.89% | Brent Crude Oil US$ 74.89/BBP UP +2.59% | Platinum US$ 986.27/OZ UP +1.93% Sport results: LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.25 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 583.37/OZ UP +0.94% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 932.80/T UP 0.89% | Brent Crude Oil US$ 74.89/BBP UP +2.59% | Platinum US$ 986.27/OZ UP +1.93%