Onderwys – Terugkerende leerlinge
Jare gelede het die skoolsisteem ’n stelsel van versnelling (accelerated school programs) gehad.
Kinders met buitengewone hoë intelligensievlakke is toegelaat om meer as een graad in een jaar in die laerskool te doen.
As gevolg hiervan het baie van hierdie leerlinge op die jeugdige ouderdom van 16 op universiteit beland. ’n Mens kry deesdae heelwat plasings op sosiale media wat oor hierdie onderwerp handel.
Tussen 2019 en 2021 het die Covid-pandemie ons wêreld getref. Die pandemie was verwoestend; baie mense, kinders inkluis, het die lewe gelaat en baie huishoudings is ontwrig. Skole is vir bepaalde periodes sluit en daarna is onderrigtyd ingekort. Ons wêreld is in die onlangse verlede in twee vernietigende oorloë gedompel.
In die Oekraïne is 1 300 skole vernietig en van die ander is sodanig beskadig dat onderrig by hulle onmoontlik is. In dele van dié land is skoolbywoning vervang met tuis- of aanlyn onderrig en in ander geteisterde gebiede is skool vir eers iets van die verlede.
In Gasa is meer as 200 aanvalle op skole geloods waarvan 53% heeltemal verwoes is. In die aanvalle is 5 479 leerlinge en 261 onderwysers dood. Vir baie het onderwys eenvoudig tot stilstand gekom. Soos omstandighede ná Covid-19 genormaliseer het, sal die oorloë ook tot ’n einde kom. Onderwys sal weer hervat en baie kinders sal terugkeer skool toe.
Covid en die oorloë het versnelde onderrigprogramme weer in die kollig geplaas. Die menings en aanbevelings van opvoedkundiges wêreldwyd hieroor verskyn nou gereeld op sosiale media. Versnelde onderrig (accelerated education programs) is programme wat leerlinge wat laat in die skool gekom het of die skool moes verlaat as gevolg van armoede, marginalisering, oorloë, krisis, tienerswangerskap en siektes die geleentheid te gee om “op te vang”.
Konflik in sekere wêrelddele en die impak daarvan op onderwys het die idee van versnelde onderrig deeglik laat posvat. Die Accelerated Education Working Group is ’n globale groep wat gelei word deur die Interagentskap Netwerk vir Onderwys en bestaan uit VN-agentskappe, donateurs, nieregeringsorganisasies en ander belanghebbers wat hulle vir versnelde onderwysprogramme beywer.
Hierdie buigsame programme stel leerlinge in staat om nie net op te vang nie, maar bied hulle die geleenthede om vaardighede in korter tye aan te leer waarmee hulle hulself ná skool kan onderhou.
In 2017 het die Europese Kommissie vir Internasionale Samewerking en Ontwikkeling fondse aan die Building Resilience in Conflict through Education (BRICE) vir hierdie tipe programme beskikbaar gestel. BRICE het groot werk in die Kongo, Ethiopië, Niger, Somalië, Suid-Soedan, Tanzanië en Uganda gedoen.
Namibië het ’n baie hoë skoolverlatingskoers (dropout rate) , maar baie kinders keer jaarliks terug. Baie van hierdie verlaters het gedeeltes van verskillende grade gedoen voor hulle uit die skool is, maar hervat met hul terugkeer die laaste graad. In 2021 en 2022 het 3 635 en 2 007 leerlinge onderskeidelik terug skool toe gekeer.
Is dit nie tyd om hierdie leerlinge ter wille te wees om vinniger deur die stelsel te beweeg nie? Ja, ons sal so ’n stelsel moet reguleer en finansier, maar daar is plekke elders in die wêreld waar ons kan gaan leer en ook geld kan kry.
Ons onderwysers sal nie net interne opleiding en ekstra betaling moet ontvang nie, maar ook gemotiveerd vir hierdie groot taak moet wees.
So ’n beleid sal definitief keer dat voormalige leerlinge weer uit die stelsel val en die rondlopers op straat, werkloses en baie jong moeders en vaders aanvul. Een manier om armoede teen te staan!
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie