Onderwys – Tienerswangerskappe (Deel 2)
’n Oudkollega en vriend stel voor ek moet oor oplossings oor tienerswangerskap-problematiek skryf. Dit is makliker gesê as gedaan; die probleem is kompleks en is gewoonlik die gevolg van die tussenspel tussen verskeie faktore.
Weens die komplekse aard van die verskynsel is oplosssings nie voor die handliggend nie; dit vra om ’n kollektiewe sektorale benadering.
In my soeke na inligting oor en verstaan van die onderwerp onder bespreking, loop ek die volgende stukkie navorsing raak. Dit is gedoen by die Hoërskool Masibambane in die Wes-Kaap in Suid-Afrika. Gestruktureerde vrae is voorgehou aan 40 meisies wat vrywillig aan die projek deelgeneem het. Die bevindings was dat slegs 12 by hul ouers ingewoon het, dat 28 seksueel aktief was, waarvan 14 veilige seks beoefen het, vier swanger was ten tyde van die studie, drie al aborsies gehad het en ten minste tien by mans tussen 21 en 34 jaar oud betrokke was.
Die navorsers lê die skuld vir tienerswangerskappe voor die deur van armoede, seks sonder kondome, vroeë seksuele rypheid, uitbuiting van jong meisies deur ouer mans, sosiale druk, onkundigheid, statutêre verkragting en kinderhuwelike. Hulle kom verder tot die gevolgtrekking dat swangerskap in die meeste gevalle die gevolg is van die tussenspel van hierdie faktore.
Ek self het onlangs ’n onderhoud gevoer met ’n 45-jarige enkelma van drie kinders. Sy is gebore in ’n klein Suide-dorpie, maar het ook groot dele van haar kinderlewe in die kommunale gebied, waar haar pa ’n boerdery gehad het, deurgebring. Haar sibbe is vier susters en drie broers; sy is die oudste. Hulle, soos baie gesinne in die kommunale gebied en klein Suide-dorpies, was deel van, en is nog steeds, van die armoede poel. Hulle ma het hulle egter goed ingelig oor seksualiteit, veral oor die probleme wat dit vir jong meisies inhou.
In die junior sekondêre skool was sy in baie gesprekke waar jong meisies uitgebrei het oor hul seksuele eskapades. Sy was in graad 9 of 10 toe sy haar eerste kêrel, wat ouer as sy en reeds uit die skool was, ontmoet het. Na ’n tyd het hy aangedring op seksuele omgang; haar ma se waarskuwings en haar godsdienstige agtergrond het haar aanvanklik die moed gegee om hom te weerstaan, maar later het sy ingegee vir sy beloftes en swanger geraak.
Daar was ook stories van sogenaamde “liefde bewys”. Sy beloftes van hoe hy na haar sal omsien, gee vir my die idee dat hy haar swanger wou hê. Sy het die skool verlaat, geboorte aan ’n seun geskenk en nooit weer teruggekeer skool toe nie. Daarna het sy geboorte geskenk aan ’n dogtertjie en heelwat jare later daarna, aan ’n tweede dogter.
Haar omstandighede het net so nederig gebly soos die omstandighede waarin sy grootgeword het; sy is nog altyd deel van die armoede poel. Haar dogter het ’n tyd gelede geboorte geskenk aan haar eerste kind en onlangs aan ’n tweede. Sy het haar ma op ’n jeugdige ouderdom ouma “gemaak” en sy (die dogter) het onbewustelik die patroon voortgesit.
Wat my vriend se versoek betref; ons het slegs ruimte om aan een voorstel aandag te gee; die ander kan ons volgende keer in diepte bespreek.
In die saak S v. M 2008 (3) SA 232 (CC) het die hof beslis dat die onus op alle staatsorgane rus om nie net die belange van ’n kind te bekerm nie, maar om dit ook te promoveer. As daar op hierdie uitspraak ag geslaan word, sal onderwysministeries daarop gefokus wees om beleide aan te neem wat die belang van die kind eerste sal stel en volhoubaar sal wees. Ons moet onthou dat ons probleem nie die swanger meisie is nie, maar tienerswangerskappe. Volgende week kan ons verder gaan met hierdie uiters belangrike onderwerp.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie