Godfrey Kleinhans
Godfrey Kleinhans

Onderwys – Tienerswangerskappe (Deel 3)

Na aanleiding van ’n onlangse berig in The Namibian oor tienerswangerskappe in die Ohangwenastreek, blyk die situasie meer kritiek te wees as wat mens in die statistieke van onderwys lees. Statistieke oor tienerswangerskappe is deur die streekgesondheidsowerhede tydens die dialoog tussen ouers en jeug op Eenhana vrygestel.

Die “Regain Trust” as deel van die VVO se populasie-fondsprojek het die dialoog georganiseer. Volgens die vrygestelde statistieke was 9 077 skoolmeisies onder die ouderdom van 19 in die periode Januarie 2020 tot April 2024 in die streek swanger.

Altesaam 283 van dié meisies was onder die ouderdom van 14 waarvan een nege jaar oud was. Volgens die streekowerhede is die syfers van Ohangwena tans die hoogste in die land. Die hoë voorkoms van tienerswangerskappe is natuurlik ’n bron tot kommer. Maar, wat hinder is die teenstrydigheid tussen die statistieke van onderwys en gesondheid; dit is deur die uitvoerende hoof van onderwys bevestig. Volgens onderwys was daar ’n bietjie meer as 2 000 swangerskappe vir die ooreenstemmende periode in Ohangwena; lesers moet daarop let dat dit ’n beraming is, aangesien die statistieke van onderwys vir 2023 nog nie beskikbaar is nie.

Die reuseverskil van ongeveer 7 000 skreeu steeds ten hemele. By die dialoog is ’n gebrek aan ouertoesig hiervoor geblameer. Verder, waar daar nie ’n koshuis is nie, word “kaias” opgerig waarin “leerder-gesinne” vir die week moet bly. Dit lei tot verhoogde seksuele aktiwiteit onder leerlinge en verkragting is nie uitgesluit nie.

Mens wonder hoeveel van die statutêre verkragtingvoorvalle het die kantore van aanklaers in daardie streek bereik. Wat mens bekommerd maak is dat die “kaias” en “kambushes” heel waarskynlik nog nie afgebreek is nie en steeds as blyplek vir die kindergesinne dien.

Kom ons kyk weer na die statistieke van die ministerie en spesifiek na die periode 2015 tot 2022. Die 1 881 gevalle in 2015 het gegroei tot 2 739 in 2022; ’n gemiddelde groeikoers van 7,65%.

As ons nie vorendag gaan kom met ingrypings wat hierdie trant gaan stuit nie, sal ons opeindig met 5 000 gevalle per jaar teen die einde van die dekade. Wat ook nie lekker afgaan nie, is die jaarlikse syfers wat nie ’n duidelike afwaartse tendens toon nie. Die hoë voorkoms in 2020 kan ’n mens miskien toeskryf aan die Covid-pandemie. Skooltyd was ingekort en kinders was vir ’n groot deel van die dag sonder toesig.

Nou wat vertel al hierdie data en inligting ons? Eerstens, data is uiters belangrik vir beleidsrigtings. Indien dit nie korrek is nie, kan dit lei tot foutiewe beleidsformulering en onakkurate implementering en evaluering. Samewerking tussen instansies wat verantwoordelik is vir die insameling van data is uiters belangrik sodat hulle pogings gesinchroniseer kan word.

Tweedens, onakkurate statistieke, veral waar die syfers en die koerse laag is, gee ’n gevoel van gerustheid. Ons maak maklik die gevolgtrekking dat daar nie rede tot kommer is nie en fondse word gevolglik teruggeskryf na ander areas van die begroting. Enige skoolmeisie, ongeag herkoms, kleur en ekonomiese status kan op skool swanger raak.

Lambani MN in Poverty the Cause of Teenage Pregnancy in Thulamela Municipality (2015) wys daarop dat 80% van adolessente swangerskappe met armoede te make het. Ons sal die bose ketting moet breek. Jong meisies moet kan droom oor die toekoms en die geleentheid kry om dit te realiseer. Tienerswangerskappe roep nie net ’n tydelike halt van hulle drome nie; dit bring hulle drome voor ’n onverbiddelike stopteken.

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-09-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Katima Mulilo: 18° | 38° Rundu: 15° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 14° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 11° | 31° Henties Bay: 9° | 15° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 11° | 12° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 17° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 9° | 30° Mariental: 9° | 27° Keetmanshoop: 8° | 23° Aranos: 8° | 29° Lüderitz: 9° | 29° Ariamsvlei: 6° | 22° Oranjemund: 9° | 26° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 9° | 15° Maseru: 2° | 22° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 16° | 22° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 10° | 18° Durban: 13° | 15° Johannesburg: 14° | 27° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007 Sport results: Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Weather: Katima Mulilo: 18° | 38° Rundu: 15° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 14° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 11° | 31° Henties Bay: 9° | 15° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 11° | 12° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 17° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 9° | 30° Mariental: 9° | 27° Keetmanshoop: 8° | 23° Aranos: 8° | 29° Lüderitz: 9° | 29° Ariamsvlei: 6° | 22° Oranjemund: 9° | 26° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 9° | 15° Maseru: 2° | 22° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 16° | 22° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 10° | 18° Durban: 13° | 15° Johannesburg: 14° | 27° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007