Onderwys – Transformasie en beleid
Alvorens ek verder op die transformasie weg wandel, bring ek eers hulde aan ’n vriendin en gerespekteerde onderwyseres van Keetmanshoop, wat laat verlede week die lewe gelaat het. Lucy Williams (nee Hartungh), een van die ses kinders van Ant Jessie en Oom Charlie Hartungh, was ’n geliefde inwoner van die Krönlein-woonbuurt. Sy is opgelei aan die Universiteit van Wes-Kaapland, was getroud met Deon Williams, daar uit Bonnievale se wêreld, en uit die huwelik is drie seuns gebore. Laat in hul huwelik het hulle Cindy aangeneem. Met my aanstelling as skoolhoof by die Suiderlig Hoërskool, het ek vir die eerste keer met die egpaar kennis gemaak. Daarna het sy by die Krönlein Junior Sekondêre Skool diens gedoen, tot en met die samesmelting van die twee skole. Ná hul uittrede uit onderwys, het ons baie kontak gehad. Hiermee wens ek Deon, hul kinders, skoondogters en kleinkinders baie sterkte toe. Ons sal jou mis Lucy, maar in herinnering sal jy voortleef.
Nou eers terug na transformasie. Sprake van transformasie is eintlik ’n erkenning dat alles nie kosher is nie of dat die veranderende wêreld ons daartoe dwing. Ons moet gedurig aanpas by ons omgewing. ’n Bestekopname sal wel toon dat ons trajek nie meer op koers is nie. Ons doelwitte is nie meer in sig nie of is nie meer duidelik nie. Covid-19 het dit ook nie makliker gemaak nie. Baie kinders het skool verlaat, baie onderwysers het gesterf en geweldig baie onderrigtyd is verlore. Ons onderwysgemeenskappe het seergekry. Covid-19 het die onderwysstelsel, en spesifiek die skoolstelsel, onberekenbare skade aangedoen. Verder het ons nou baie geld, tyd en energie in ’n konferensie gesteek en transformeer sal ons net moet. Die belastingbetaler soek tog seker waarde vir sy/haar geld!
Die belangrikste vrae nou is wat, hoe, wanneer en teen watter tempo daar getransformeer moet word. ’n Goeie plek om te begin met ondersoeke om hierdie vrae te beantwoord is by die Education and Information Management System (EMIS) se databasis. Die EMIS van die ministerie is nie net bekend vir die gereelde insameling van betroubare data nie, maar ook vir die doeltreffende prosessering daarvan. Ons het ook geen rede om te glo dat ons skooldata nie geldig, betroubaar en akkuraat is nie. Maar, ek wonder soms hoe volledig en relevant die data is? Is dit nie tyd om variante in te sluit soos onderwyser- en leerlingafwesigheid, sosioëkonomiese agtergrond van leerlinge, tienerswangerskappe, aanwending van die begroting en ander leerlingeienskappe.
Maar, dit kan ook wees dat daar niks na dergelike ondersoek gebeur nie. Unicef se lysie van moontlike redes sal dalk ’n paar rooi vlaggies laat wapper. Hulle noem gebrekkige leierskap; gebrek aan politieke wil en vrese vir uitsluiting; en gebrekkige fondse.
In sy artikel, “Political symbolism as policy craft: explaining non-reform in South African education after apartheid” bespreek Jonathan Jansen redes waarom produksie van beleid soms niks anders as simboliese waarde het nie. Implementering is gebrekkig. Vreemd, hy erken die alewige gebrek aan geld, maar dit kry nie ’n prominente rol in sy bespreking nie. Eerstens wys hy op die verwydering tussen produksie en implementeringsvlakke. Byvoorbeeld hier by ons word elke streek deur die onderwyswet verplig om ’n streekonderwysforum in die lewe te roep, maar sodanige wetlike verpligting word in sommige streke eenvoudig geïgnoreer. In ander gevalle word moeite gedoen om ’n beeld van demokratiese deelname uit te stuur terwyl implementering en evaluering steeds gebrekkig bly. Ek dink byvoorbeeld hier aan die Taal Konferensie van jare gelede en die Onderwys Konferensie van 2011. In Suid-Afrika, aldus Jansen (en ook hier by ons), is baie van die vroeë werk in die hande van buitelandse konsultante gelaat om finansiële bystand en eksterne status te verseker. Die gevolg, beleid verkry simboliese waarde, maar geen of gebrekkige implementering.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie