Onderwysrubriek
Onderwysrubriek

Onderwys – Verandering

Ons leef in ’n vinnig veranderende wêreld, maar die mens is nie altyd gemaklik met al die veranderinge wat om hom plaasvind nie.

Dit stel ons bloot aan die onbekende en soms die ongemaklike waarmee ons nie gekonfronteer wil wees nie. Maar, wat is verandering nou eintlik? Eenvoudig gestel is verandering die vervanging van iets met iets meer doeltreffend en meer kostedoeltreffend.

Net eers die volgende. Eerstens, moet dit wat ons in die toekoms deur hierdie proses wil bereik, duidelik wees. Tweedens, moet die transformasieproses gerig wees op hierdie doelwitte. Derdens is dit ’n kollektiewe proses; almal moet inkoop. Laastens die veranderingsproses moet behoorlik bestuur word.

Die privaat sektor blyk heelwat suksesvol hierin te wees terwyl die staatsektore maar ’n bietjie sukkel. Sedert onafhanklikwording in 1989 het onderwys al heelwat veranderinge ondergaan. Daar moes natuurlik dringend van die pre-onafhanklikheidsbeleide ontslae geraak word. Die skoolstelsel, onderwysopleiding, kurrikula, onderrig en leermateriaal het radikaal verander. Ons toelatingskoerse het gestyg, meer fasiliteite is voorsien en baie meer onderwysers is aangestel. Baie werkwinkels en konferensies is gehou waar behoeftes uitgewys is en rigting bepaal is. Maar, daar is nog baie areas wat gehalte-onderwys nog pootjie en dit lyk asof sommige areas net nie uit die blokke kan kom nie. Behalwe dat nie almal die laaste graad bereik nie, is die prestasies van diegene wat wel daarin slaag, maar baie power. Daar is nog ’n groot gaping tussen die toelatings- en konstruksiekoerse en ons sukkel om die onderwysbeloftes wat in die Grondwet gemaak word, behoorlik na te kom. Nou, waar lê die probleem dan?

Een van die moeilikste olifante om uit die voorkamer te kry, is die gebrekkige begroting. Die geallokeerde bedrae is te min en dit sit ’n kettingreaksie aan die gang; klaskamers is te min, leerling-klaskamer- en leerling-onderwyser-koerse is te hoog, baie skole kla nog oor onderrig- en leermateriaal en die landelike skole het nie die nodige akkommodasiegeriewe nie. Hierdie retoriek hoor ’n mens jaar na jaar.

’n Ander olifant wat moeilik is om uit die voorkamer te kry, is kostedoeltreffendheid. Hoe kostedoeltreffend is ons? Kry ons die verwagte waarde vir ons geld sonder om tyd, energie en bronne te vermors? Werkwinkels wat onder andere ten doel het om gehalte-onderwys met beskikbare bronne te bevorder, het baie keer net die teenoorgestelde effek. Ek wonder baie keer of die kostes wat aangewend word om hierdie indiensopleidingprogramme aan die gang te hou, ooit opgeweeg word teen die werklike uitkomste. En ook, of daar al deeglike ontledings van geleentheidskoste (opportunity cost) gemaak is? En, wanneer die deelnemers terug is by hul onderskeie diensstasies, of hulle die nuut verworwe kennis met andere deel? En, is daar al ’n kostestudie onderneem om te bepaal of die onderwyskonferensies die vrugte afgewerp het? Die laaste konferensie het ’n stryery oor universiteitstoelating tot gevolg gehad, wat ontaard het in ’n aanval op die onafhanklikheid van die universiteit.

En dan, die instandhouding van skoolameublemente! Hier is ’n onderwyseres op ons dorp wat dit op haarself geneem het om met die hulp van leerlinge ameublement te herstel. Merkwaardig! By die streekkantoor, ’n hanetreetjie van hierdie skool, lê ’n paar honderd stoel- en lessenaarrame op die agterwerf. Hierdie “wrakke” kon al teen minimum koste herstel gewees het. Oor die natuur het iemand laat val, “One reason nature is efficient, is because there is no waste. Everything produced creates value for others and is consumed by others on the basis of value”.

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!