Onderwys – Verhoudinge tussen skool en ander sektore
John Donne (1571-1631) word beskou as een van die groot digters van sy tyd in Engeland. In sy gedig, “No Man is an Island”, praat hy van die natuurlike verbintenis tussen mense.
“No man is an Island; every man is a piece of a continent, a part of the main”. En, dan in die laaste versreël sê hy:”Any man’s death diminishes me, because I am involved in mankind”. Onthou Ubuntu, “I am because we are”.
By die destydse Taalkonferensie het Nahas Angula heel toepaslik, na aanleiding hiervan, verwys na die interafhanklikheid tussen onderwys en ander samelewingsinstansies. Om te illustreer, ’n skool voorsien matriek-graduandi aan universiteite. Universiteite voorsien die onderwyssektor weer van riglyne, bekom deur navorsing, hoe om gehalte-onderwys te bevorder.
Universiteite lei ook onderwysers op wat by skole aangestel word. Skole is niewinsgewende organisasies, die staat sukkel met ’n krimpende staatskas en gevolglik is dit net reg dat hierdie belanghebbendes na skole uitreik.
’n Skool in Keetmanshoop het ongeveer 12 jaar gelede besluit om ’n saal op te rig. Die eerste taak was om fondse te bekom, iets waarmee hulle heelwat sukses gehad het. Anglo American, Namdeb, vismaatkappye, die streekraad en die ouers het almal positief gereageer. ’n Handelaar het ’n voertuig teen kosprys aan die skool verkoop om uit te loot. Een van die groot donateurs se bydrae moes ten minste sorg vir die oprig van die mure en dak.
Ten spyte van die goeie tempo waarmee die projek weggetrek het, is die saal nog nie afgehandel nie. Die pleister- en verfwerk is nog nie klaar nie en die vensters het die teiken van vandale geword. Alle bourommel rondom die saal is ook nie verwyder nie. ’n Deel van een muur is nie stabiel nie en skep ’n gevaar vir leerlinge, onderwysers en besoekers. Nou wat is die probleem? My gesprekke met van die betrokkenes het duidelik gebreke in die hele projek blootgelê.
Eerstens kon ek nie ’n bevestiging kry dat die skool oor ’n strategiese plan (medium of lang termyn) beskik wat ’n aanduiding gee van die besluitnemings-, werksverdeling-, tyd- en kosteraamwerk nie.
Tweedens is briewe aan donateurs gerig, maar daar is nie ’n teken van ’n geskrewe projekvoorstel nie. ’n Komitee spesifiek vir die bestuur van die projek is nie aangestel nie; dis bestuur deur die skoolraad en skoolbestuur. Hierdie instansies is baie besig en kon onmoontlik genoeg aandag aan die projek gee. Dit is ook duidelik dat die toesighouding en monitering gebrekkig was en ek kon nie agterkom hoe die boukontrakteur/s gekeur is nie.
Die projek is een van die groot privaat projekte vir staatskole op die dorp; die monitering en toesighouding moes van ’n baie hoër standaard gewees het. Die streekowerhede wat ook tot die oprigting bygedra het, moes ook hierop aangedring het.
Die ander vraag is of die belanghebbendes ook deel het aan hierdie onvoltooide projek; hulle het tog die geld voorsien? Wat het dan skeefgeloop? Dit is egter duidelik dat die donateurs nie aangedring het op ’n strategiese plan en ’n projekvoorstel nie. Hulle het nie aangedring op ’n projekbestuurskomitee nie en ook nie om deel te wees van die toesig- en moniteringsprosesse nie. Ek kon ook nie vasstel of hulle gereelde vorderingsverslae aangevra of ontvang het nie.
Die ernstige gebrek in die konstruksie laat my ook wonder of hulle deel gehad het in die keuring van die kontrakteur/s. Die tyd het aangebreek dat die ministerie en belanghebbendes ernstig dink aan opleiding oor hierdie kwessies. ’n Goeie begin is om eers versoeke van skole te ignoreer en eerder in hierdie opleiding te belê.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie