Onderwys – Verspreiding van inligting
’n Nuwe jaar word altyd begroet met groot opgewondenheid. Volwassenes neem ’n paar resolusies vir die jaar en vir baie is die nuwe jaar letterlik ’n nuwe begin.
Maar, vir alle leerlinge is die nuwe jaar propvol nuwe dinge. Die beginnertjies vorder van die voorskoolse fase na die “grootskool”, soos hulle dit noem.
Hierdie “grootskool” vereis nou meer onafhanklikheid en selfstandigheid van hulle; vir ’n groot deel van die dag is hulle onder ma se beskerming uit en is meer aangewese op hulself.
En natuurlik is die vooruitsigte groot om nuwe verhoudings te begin; ’n nuwe juffrou en nuwe maats. Hulle klein wêreldjie gaan vinnig in grootte toeneem. En dan, is daar die outjies wat reeds in die “grootskool” is. Dis ’n nuwe graad, in baie gevalle nuwe vakke met nuwe leerstof, nuwe onderwysers en nuwe maats. En, sommige herhaal die vorige graad. Maar, hulle is gelukkig jonk en tyd is aan hulle kant.
Baie belangrik, ons stel veral daarin belang hoe ons senior leerlinge in graad 11 en 12 gedoen het. Eerstens, onderwys is ’n gemeenskapsbate en as sulks het die gemeenskap ’n reg om te weet wat in en met onderwys gebeur.
Tweedens, die belastingbetaler het ’n reg om te weet hoe sy swaar verdiende geld wat die staat vir homself toeëien, aangewend word.
Derdens het die ondersteuners van onderwys (stakeholders) die reg om te weet hoe hulle tyd, energie en geld impakteer op die onderwysstelsel. Hulle kan nie onverpoos voortgaan met ondersteuning as ons leerlinge nie na behore presteer nie. En, vierdens gee die inligting oor prestasies in die finale eksamen die besighede ’n idee in watter areas werknemers en moontlike beurshouers gewerf kan word.
In die vyfde plek sou kiesers graag wou weet hoe die beleide van die regerende party op die onderwysstelsel impakteer. Dan is daar laastens die rubriekskrywers en ontleders vir wie hierdie inligting uiters waardevol is. Ontledings kan gedoen word, tendense kan bepaal word en aanbevelings kan gemaak word en op hierdie wyse kan die Namibiese gemeenskap behoorlik ingelig word.
Is die owerhede nie besig om die gemeenskap se reg op toegang tot gedetailleerde inligting rakende onderwys te skend deur nie die uitslae, soos in die verlede, in ’n spesiale bylae vry te stel nie?
Dit bring my by die minister se toespraak tydens die vrystelling van die uitslae. Hier het sy gepleit dat skole mekaar moet ondersteun en dat die gemeenskap betrek moet word.
Skoolhoofde en skoolrade moet die vrymoedigheid en grootmoedigheid het om oudonderwysers, oudskoolhoofde en afgetrede onderwysadministrateurs se hulp in te roep.
Die ||Kharasstreek is een van die streke wat die afgelope paar jaar letterlik die kreeftegang gegaan het. Talle voorstelle is gemaak dat hulp van buite gekry moet word; dit is eenvoudig geweier.
Ná my uittrede het ek aangebied om op ’n ad hoc-basis op ’n sekere skool se skoolraad te dien. Ek glo vandag dat hierdie voorstel van my nooit ernstig oorweeg is nie. En, hier is ons groot fout; ons is nie groot genoeg om hulp van buite in te roep nie. Ons is eerder bereid om voort te ploeter op weg na nêrens.
My versoek aan die minister is om streke en skole wat eenvoudig nie presteer nie, te dwing om van eksterne hulp gebruik te maak wat in elk geval gratis is!
(Hierdie een dra ek op aan die Sub-A Blinkpensies, soos ons goediglik geterg was, wat nou ’n lang skoolloopbaan begin. Alle voorspoed outjies en mag ons Groot Meester julle ryklik seën).
– [email protected])
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie