Onderwys - Waarde vir ons geld
Ons bly nog vir ‘n laaste keer by die aanwysers van kwaliteit onderwys en plaas hierdie week die premie op leerling-uitkomste.
Ek het vroeër daarop gewys dat die staat ‘n grondwetlike verantwoordeliheid het om onderwys met belastinggeld te operasionaliseer. Die staat moet onder andere skole en koshuise bou en onderhou, kundiges en onderwysers in diens neem, voorsiening maak vir onderrig en leermateriaal en volgehoue voorsiening maak vir lewensmiddele soos water en elektrisiteit. Die ministerie moet jaarliks groot bedrae in begrotingsgeld aanvra om hierdie multimiljarddollar-onderneming aan die gang te hou.
In hierdie opsig is die staat se verwagting (en aandrang) op kwaliteit onderwys geregverdig. Verder het die belastingbetalende gemeenskap ‘n onbetwisbare aanspraak op leerderuitkomste wat getuig van kwaliteit onderwys.
Wat is die waarde wat die staat vir sy bydrae verwag?
Waar die staat fondse voorsien vir die oprigting van fisiese fasiliteite (skole, klaskamers, ens.) is die eerste verwagting dat onderwysgemeenskappe dit sal benut. Kinders moet in die skool kom. Die verskil tussen die aantal kinders wat in ‘n bepaalde jaar tot graad 1 toegelaat word en die wat kwalifiseer om toegelaat te word, moet dus so klein as moontlik wees.
Ouers word ook deur die Grondwet verplig om kinders skool toe te stuur. Hulle word verder verplig om toe te sien dat kinders elke dag by die skool opdaag. Hulle moet dit vir kinders moontlik maak; moet kinders klee en voed en sorg dat hulle die nodige ondersteuning tuis kry. Soos onderwysers moet leerders vir klasse opdaag.
Leerlingbestuur sowel as onderrig en leer moet van so ‘n gehalte wees dat leerders binne die voorgsekrewe aantal jare hul skoolloopbaan voltooi. Herhaling moet tot die absolute minimum beperk word en die voltooiïngskoers moet ooreenstem met die voorgeskrewe aantal skooljare. Leerlinge moet vir die tydperk in die skool bly.
Die verwagting is dat leerders daarna by die arbeidsmag sal aansluit of by’n naskoolse instansie vir verdere opleiding. Inskrywing by tersiêre instansies en werkverkryging gaan van die kwaliteit van die leerders se finale eksamenuitslae afhang. Tersiêre instellings het sekere toelatingsvereistes en werkgewers dring op bevredigende uitslae in sekere vakrigtings en goeie gedragsrekords aan.
‘n Belangrike aanduiding van kwaliteit onderwys op skool is sukses ná skool: suksesvolle studente of suksesvolle werkers in hul arbeidsveld; produktiewe volwassenes wat suksesvolle huwelike of lewensverhoudinge sluit; kinders wat goed opgevoed is en help bou aan ‘n goeie gemeenskap.
Hierdie is egter ‘n area wat nie baie aandag kry nie. Ek is nie juis bewus van studies wat in die meer resente verlede hieroor gedoen is nie. Ek weet ook nie of die staat gereeld statistiek oor afgestudeerdes (skoolverlaters en universiteits- en ander graduandi) byhou nie.
Nou die groot vraag. Kry die staat, die belastingbetalers en ouers waarde vir hul insette? Tans is die antwoord hierop nie bevredigend nie.
Die herhaling- en uitvalkoerse is nog te hoog en te min leerlinge bereik die eindpunt na 11 of 12 jaar. Te veel tienerdogters raak swanger op skool en ons weet nie wat met die tienervaders gebeur nie. Soms weet ons nie wie die vaders is nie, want dis nie in sekeres se belang dat dit nie rugbaar word nie.
Jongmense verlaat skool en universiteite met baie min vooruitsigte op werk. Ons ploeter voort en sommige leiers en politici hamer voortdurend op die swak ekonomie en die apartheidsverlede.
Miskien is dit tyd dat ons universiteite hul navorsing in rat kry. ‘n Raad vir wetenskap en navorsing wat hierdie data op ‘n volgehoue wyse invorder, is nie vergesog nie.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie