Onderwys – Demokrasie is ’n wilde perd
Die opname van skoolrade in ons onderwyswet is ’n duidelike bevestiging van die demokratisering van ons skoolgemeenskappe.
Skoolrade word demokraties verkies en verteenwoordig die skoolouers van ’n bepaalde skool. In terme van die wet word skoolrade belas met die bevordering van toerekeningsvatbaarheid, die doeltreffende deelname in skoolsake asook die doeltreffende uitoefening van bevoegdhede en verantwoordelikhede. Maar baie belangrik, die skoolraad het geen uitvoerende bevoegdheid nie. Hulle kan byvoorbeeld aanbevelings maak om leerders te skors en vakante poste te vul, maar hulle kan nie self skors of aanstel nie.
Die bepalings van die onderwyswet wat te make het met skoolrade, kan nogal ingewikkeld wees. Skoolrade moet nie net die inhoud van artikel 50 van die onderwyswet ken nie, hulle moet dit ook verstaan.
Een leser waarsku dat bemagtiging tot ’n mafia-tipe oorheersing deur een of meer lede kan lei. Sy voer verder aan dat die demokratiese verkiesing van skoolrade, nie ’n waarborg is dat persone met die nodige kennis, begrip, integriteit en passie verkies sal word nie. Haar oplossing vir so ’n moontlikheid is behoorlike toesig.
Maar, hoe groot is die waarskynlikheid dat bemagtiging kan lei tot die tipe mafia-oorheersing, veral in die lig van die wigte en teenwigte wat in die wet ingebou is. Eerstens, toelating tot die skoolraad is inklusief. Enige skoolouer, ongeag akademiese kwalifikasies, gemeenskapstatus of materiële vermoë kan tot ’n skoolraad verkies word. Tweedens, het die skoolouers die reg om beswaar te maak teen ’n genomineerde (pre-verkiesing) of verkose lid (post-verkiesing) as hulle probleme met so ’n persoon of persone het.
Die onus rus dus op die skoolouers om seker te maak dat hulle opdaag vir die verkiesing en persone wat altyd die belange van die skool eerste sal stel, tot die skoolraad verkies word. Daarom is dit uiters belangrik dat die skoolouers voor ’n verkiesing deeglik ingelig en opgelei word deur die skoolhoof en inspekteur van onderwys. Indien dit later blyk dat magsbehebte en ondoeltreffende persone tot ’n skoolraad verkies is, het die minister die bevoegdheid om so ’n skoolraad te ontbind.
Die wetgewer het ook tot die redding van skoolrade gekom wat moontlik hulp nodig het, deur die aanname van subartikel 54(6). Die bepaling verleen aan skoolrade die reg om kundiges uit die gemeenskap te koöpteer om hulle te help met bepaalde take. Maar, hulle sal egter geen stemreg hê nie.
In terme van artikel 58 is dit ook die streekdirekteur en skoolhoof se verantwoordelikheid om seker te maak dat die skoolraad op ’n redelike vlak van doeltreffendheid, doelgerigtheid en ingeligtheid opereer. Hulle moet sorg dat die raadslede aan voortdurende opleiding onderwerp word. Die skoolraad van een skool mag ook gevra word om te help met die opleiding van die raad van ’n ander skool.
Dan is daar nog twee veiligheidskleppe wat oorheersing deur ’n lid of faksie kan verhoed. Eerstens moet skoolouers wat deur ’n demokratiese proses sitting op ’n skoolraad verkry, getrou bly aan die gedragskode soos afgekondig mag word in die Staatskoerant. Enige lid wat nie getrou aan die gedragskode bly nie, mag op aanbeveling van die streekdirekteur verwyder word.
Dit is belangrik om daarop te let dat ’n kollega op die raad, onderwyser of enige skoolouer ’n klagte teen so ’n lid by die streekdirekteur kan indien. Hierdie reg spruit uit die gemenereg, dat dit om die belang van die kind gaan.
En laastens die kwessie van toesighouding. Die skoolraad is ’n bywet- geïnstitusionalieerde regeringsorgaan. Die stigtings- en operasionaliseringsvoorskrifte, behalwe die wat te make het met die gemenereg, is taamlik breedvoerig en duidelik. Waar nodig maak die wet voorsiening vir uitleg en verdere verduideliking. Die wet is gegee onder die hand van die minister en magte word afgewentel deur delegasie na die streekdirekteur. Daar behoort hoegenaamd geen probleme met toesighouding te wees nie.
Demokrasie is ’n wilde perd. Iemand het gesê:”Blame it or praise it, there is no denying the wild horse it is.”
Dit ken regte toe en lê obligasies op. Diegene wat kans sien om dit te ry, moet hulle deeglik vergewis van die wigte en teenwigte. – [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie